Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staat bestee R100 m. aan LP-blyplekke in Kaap

In minder as drie jaar het die staat ’n allemintige R100 miljoen opgedok vir die instandhouding van LP’s se parlementêre woonplekke in Kaapstad.

Patricia de Lille, minister van openbare werke, sê sy is deur haar departement ingelig dat dié bedrag vanaf Januarie 2018 tot November 2020 bestee is.

Dit was slegs vir die instandhouding van die parlementêre woonkomplekse Acacia Park (R74,8 miljoen), Pelican Park (R20,8 miljoen) en Laboria Park (R11 miljoen).

Patricia de Lille, minister van openbare werke. Foto: Peter Abrahams

Daarbenewens het die departement van openbare werke in dieselfde tyd sowat R203 miljoen aan die instandhouding van die parlementêre perseel bestee.

De Lille het dié inligting vroeër vandeesmaand in ’n skriftelike antwoord op ’n parlementêre vraag van Samantha Graham, DA-LP, gegee.

Graham wou weet wat die maandelikse kontrakbedrae vir die instandhouding van die betrokke persele was vanaf 1 Januarie 2018 tot die jongste datum waarvoor die inligting beskikbaar is.

Volgens De Lille het die kontrak vir die instandhouding in November 2020 verstryk.

“Terwyl die departement besig is met die proses om nuwe kontrakteurs aan te stel, het die interne fasiliteitbestuursdienste gehelp met die daaglikse instandhouding deur bestaande termynkontrakte sedert November 2020. Die departement het nagenoeg 90 termynkontrakte in Kaapstad wat die Wes-Kaap bedien.”

Terwyl die departement besig is met die proses om nuwe kontrakteurs aan te stel, het die interne fasiliteitbestuursdienste gehelp met die daaglikse instandhouding deur bestaande termynkontrakte sedert November 2020.

Graham het by navraag gesê ongeag die vraag oor of die staat te veel betaal het vir die dienste, het hy beslis nie waarde vir sy geld gekry nie “as daar gekyk word na die toestand van die woonkomplekse en die perseel”.

Sy reken ook dat die brand wat vroeër in die ou raadsaal op die parlementêre perseel uitgebreek het, voorkom kon word indien die nodige instandhouding gedoen is.

Volgens De Lille is ’n tenderdokument vir die parlementêre woonkomplekse intussen gefinaliseer en het die bodkomitee oor spesifikasies dit op 14 en 28 Junie onder oë gehad.

Die nasionale bodtoedelingskomitee het die dokumentasie op 5 Julie vir goedkeuring oorweeg. Hul bevinding is nie bekend nie.

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Patricia De Lille
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.