Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staat bestee R33 miljard aan grond vir hervorming

Die staat het sedert 1994 altesame R33 miljard bestee om grond vir hervorming aan te koop.

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Maandag dié syfer in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag deur Reneilwe Mashabane, EFF-LP, verskaf.

Grondrestitusie is volgens Nkwinti die staat se duurste program wat grondhervorming betref.

Die departement se grootste uitdaging bly egter om vas te stel wie die grond besit, het Nkwinti op ’n ander parlementêre vraag deur Ahmed Shaik Emam, NFP-LP, gesê.

Fase twee van die grondoudit wat bepaal aan wie die grond behoort in terme van eienaarskap volgens ras, geslag en nasionaliteit, is pas volgens Nkwinti afgehandel.

“Daar is nog uitdagings weens die gebrek aan inligting ten opsigte van instellings soos trusts, private en openbare organisasies, maatskappye en deeltitelbesit.”

Onder die redes vir dié uitdagings is die feit dat grondeise as ’n projek gehanteer word en nie as ’n aaneenlopende program nie. “Dit was ’n strategiese fout wat nie die fiskale tekortkominge, die kompleksiteit wat met die verifikasies verbind word, uitdagings in die hof en interne tekortkominge ten opsigte van kapasiteit in ag geneem het nie,” het Nkwinti gesê.

’n Verdere uitdaging hou verband met die feit dat waterregte aan individue toegeken word en nie die grond nie.

“Wanneer iemand die grond verkoop, loop hy of sy met die waterregte. Onderverdeling en die verandering in grondgebruik vind ook vinnig plaas. ’n Oudit moet gedoen word oor albei kwessies omdat dit ’n negatiewe impak op plase het wat ingevolge grondhervorming bekom is.”

Gugile Nkwinti

Nkwinti het weer die maatreëls gelys wat ingestel is om grondhervorming te verbeter. Hieronder tel:

* Die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrond wat daarop gemik is om landbougrond te bekom en toegang daartoe te verkry. Die grondkommissie waarvoor die wetsontwerp voorsiening maak, sal die bekendmaking van die eienaarskap van grond opdwing;

* Agriparke het ten doel om die landelike ekonomie te transformeer en om die produksie van kleinskaalse boere, toegang tot markte, finansies, navorsing en deelname aan die landbouwaardeketting te verbeter;

* Die programme een huishouding, een hektaar, sowel as een huishouding, twee suiwelkoeie- is daarop gemik om produksie en voedselsekuriteit op huishoudelike vlak te verhoog en by te dra tot die toename in kleinskaalse boere; en

* Die 50-50-beleidsraamwerk ingevolge waarvan boere die helfte van die plase met werkers kan deel, is onder meer daarop gemik om die besit en woonregte van plaasbewoners en werkers te verseker en hulle te bemagtig.

Meer oor:  Gugile Nkwinti  |  Grond  |  Grondhervorming  |  Hervorming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.