Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staat betaal as Zuma voor Zondo getuig

Die staat gaan betaal as oudpres. Jacob Zuma voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping kom getuig.

Die presidensie het Donderdag gesê die koste van een prokureur en twee advokate sal vir die oudpresident betaal word wanneer hy voor die kommissie kom getuig.

Zuma het aansoek gedoen om staatshulp om sy regskoste vir sy verskyning voor die kommissie te betaal. Dit sal toegestaan word, het die presidensie aan Netwerk24 gesê.

Khusela Diko, woordvoerder van die presidensie, het gesê die staat sal betaal vir ’n prokureur en een junior en een senior advokaat.

Dit kom nadat adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, Donderdag gesê het Zuma kan later vanjaar kom getuig nadat hy deur getuies soos Nhanhla Nene, Pravin Gordhan, Themba Maseko en Barbara Hogan by staatskaping geïmpliseer is.

“Dit is moontlik dat mnr. Zuma later vanjaar kan terugkeer om voor die kommissie te kom getuig,” is gesê.

Oudpres. Jacob Zuma.

Sy verskyning is voorlopig gereël vir 15 tot 19 Julie hangende bevestiging van Zuma se prokureur oor of die voormalige president daartoe sou instem.

Die kommissie en Zuma se regspan korrespondeer al sedert 30 April vanjaar om hom sover te kry om skriftelik te bevestig dat hy op dié datums voor die kommissie sal getuig.

Hulle het tot nou toe nog niks ontvang nie, het die kommissie gesê en bygevoeg dat geen vrae vooraf aan Zuma gegee gaan word soos wat hy versoek het nie.

“Die kommissie meen dit is voldoende dat die oudpresident ingelig is dat hy die geleentheid sal kry om sy kant van die saak te stel in reaksie op wat van die getuies in hul verklarings of getuienis oor hom of teen hom gesê het. En dat die vrae wat aan hom gestel sal word, sal hou by kwessies wa in eedsverklarings, verklarings en getuienis voor die kommissie geopper is.”

Business Day het vroeër Donderdag berig Zuma sal dit moet oorweeg om regshulp van die staat te gebruik wat die klagte oor korrupsie met die wapentransaksie betref.

Dit is nadat vroeër berig is dat die hooggeregshof in Pretoria verlede week Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen ’n bevinding dat die staat nie sy regskoste gaan betaal nie, van die hand gewys het.

In Desember 2018 het die hof bevind dat Zuma miljoene rande aan die staat moet betaal vir sy korrupsie-saak.

Dit beteken dat Zuma nou meer as R16 miljoen moet betaal vir ’n saak wat al meer as ’n dekade aan die gang is.

Dit beteken dat Zuma nou meer as R16 miljoen moet betaal vir ’n saak wat al meer as ’n dekade aan die gang is.

Die saak is voor die hof gebring deur die DA, met die EFF wat later bygekom het. Hulle het gevra dat die hof die staatsadvokaat se besluit om Zuma se regskoste, wat toe sowat R15,3 miljoen beloop, te betaal, tersyde te stel.

Daniel Matsha, Zuma se prokureur, was Donderdag nie beskikbaar vir kommentaar nie. Hy het egter Dinsdag aan Netwerk24 gesê Zuma het nog altyd aangedui dat hy met die kommissie oor staatskaping sal saamwerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.