Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staat wil saamwerk oor landelike veiligheid – Mabuza

Die regering sal saam met alle boere, plaasbewoners, tradisionele leiers en gemeenskappe werk om te verseker dat die veiligheid in die landelike gebiede verbeter, het adj.pres. David Mabuza gesê.

Hy het dié belofte Donderdag in sy hoedanigheid as voorsitter van die interministeriële komitee oor grondhervorming en landbou ná die komitee se maandelikse vergadering die vorige dag gemaak.

Mabuza het bygevoeg dat hy tevrede is met die vordering wat tot dusver met grondhervorming in Suid-Afrika gemaak is. ’n Verskeidenheid programme en inisiatiewe om grondhervorming te bespoedig is ook op die vergadering bespreek.

Voorstelle is ook ontvang oor hoe om probleme soos geweldsmisdaad in landelike en plaasgemeenskappe, sowel as konflik oor grondverwante kwessies te help oplos.

“Die interministeriële komitee het besluit dat die verblyfsekerheid van plaaswerkers en -bewoners geprioritiseer moet word.

Adj.pres. David Mabuza Foto: DAILY SUN

“Onder die gesamentlike leierskap van Bheki Cele, minister van polisie, en Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sal ’n omvattende uitreikprogram ingestel word om te verseker dat gemeenskappe en belanghebbendes betrokke is by die implementering van ingrypings teen misdaad en ontwikkelingsbehoeftes in gemeenskappe wat geraak word,” het hy in ’n verklaring gesê wat die presidensie uitgereik het.

Ná die onlangse goedkeuring van die regering se grondtoekenningsbeleid is ’n vorderingsverslag oor die beskikbaarstelling en toekenning van staatsgrond vir herverspreiding ook Woensdag by die vergadering ingedien.

Volgens Mabuza duur die verwerking van die aansoeke vir grondtoekenning voort, terwyl ’n aantal plase reeds geassesseer is om geteikende ondersteuningspakkette vir elke toegekende plaas voor te berei.

“Dit sal verseker dat alle toegekende grond produktief en optimaal gebruik word.”

Daar is ook ooreengekom dat ’n projekspan die administratiewe prosesse moet bespoedig en dat deursigtige en behoorlike prosesse in die toeken van grond gevolg word.

“Die interministeriële komitee het ook die gedemonstreerde samewerking verwelkom tussen staatsinstellings wat die beskikbaarstelling van grond moontlik maak aan eisgemeenskappe wat in die meeste gevalle vir die oordrag van titelaktes wag.”

Woensdag is ook besluit dat grond veral in April, die “maand van vryheid”, aan begunstigdes oorhandig sal word, terwyl die departemente van openbare werke en verdediging ook geloof is vir die bykomende grond wat hulle landwyd vir geteikende ontwikkelings in geïdentifiseerde prioriteitsgebiede beskikbaar gestel het.

“Ons het sekerlik ’n lang pad gestap om die ongeregtighede en ongelykhede van die verlede wat apartheid se dorpsbeplanning gedefinieer het aan te pak. As regering is ons vasbeslote om menswaardigheid en vryhede te beskerm deur te verseker dat geregtigheid met dorpsbeplanning verwesenlik word.

Die interministeriële komitee het ook die gedemonstreerde samewerking verwelkom tussen staatsinstellings wat die beskikbaarstelling van grond moontlik maak aan eisgemeenskappe wat in die meeste gevalle vir die oordrag van titelaktes wag.

“Dit sal menslike nedersettings veelrassig maak en ’n samehorige nasie bou wat in harmonie leef.”

Volgens Mabuza sal daar voortaan ook verseker word dat grondhervorming sentraal in die transformasie van menslike nedersettings staan.

Volgens hom is vorderingsverslae oor die instelling van die aanbevelings van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou ook Woensdag ontvang. Dit sal ook aan die kabinet voorgelê word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.