Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staatsgrond geïdentifiseer vir hervorming

Stukke staatsgrond is geïdentifiseer om grondhervorming te versnel, het pres. Cyril Ramaphosa gesê.

Hy het Donderdagaand dié aankondiging in sy staatsrede in die Nasionale Vergadering gedoen sonder om uit te brei presies waar die grond is.

Hy het gesê ingrypings deur beleid en wetgewing sal verseker dat meer grond beskikbaar gestel word vir landbou, nywerheidsontwikkeling en menslike nedersettings.

Strategies geleë grond sal ook beskikbaar gestel word om aandag te gee aan die behoefte aan menslike nedersettings in stedelike en peri-stedelike gebiede.

Die plan is om die “soliede grondslag” van Suid-Afrika se landboubedryf te gebruik om landbou te ontwikkel tot almal se voordeel.

Ramaphosa het gesê landbou se potensiaal vir werkskepping en ekonomiese groei by steeds hoofsaaklik onderontwikkeld.

“Suid-Afrika het steeds groot dele ongebruikte of onproduktiewe grond.”

Ons is gelukkig om ’n landbousektor te hê wat goed ontwikkeld, veerkragtig en gediversifiseer is. Ons wil dit as ’n soliede grondslag gebruik om landbou in die land te help ontwikkel tot almal se voordeel.

Daar is sowat 250 000 opkomende boere wat die grond bewerk en ondersteuning nodig het om hul sakeondernemings ten volle te ontwikkel.

Landbou-uitvoer is volgens Ramaphosa ’n belangrike bron van inkomste vir die ekonomie en die ontwikkeling van die landbousektor is ’n sleutel daartoe om voedselsekerheid te verbeter en belegging te lok.

“Ons is gelukkig om ’n landbousektor te hê wat goed ontwikkeld, veerkragtig en gediversifiseer is. Ons wil dit as ’n soliede grondslag gebruik om landbou in die land te help ontwikkel tot almal se voordeel,” het hy gesê.

Hy het die Suid-Afrikaners geprys wat deelgeneem het aan die werk van die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee wat art. 25 van die Grondwet moet hersien en het ook lof gehad vir die lede van die komitee omdat hulle gefokus gebly het in hul werk.

“Ons sal die werk van die grondwetlike hersieningskomitee wat art. 25 moet hersien ondersteun om ondubbelsinnig die bepaling vir grondonteiening sonder vergoeding uiteen te sit.”

Adj.pres. David Mabuza lei ook ’n interministeriële komitee oor grondhervorming om dié proses te versnel. ’n Adviespaneel onder leiding van dr. Vuyo Mahlathi wat op die been gebring is om die regering met grondhervorming te adviseer, sal na verwagting sy verslag in Maart afhandel.

Meer oor:  Staatsrede 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.