Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staatskaping: Man van tesourie getuig vandag

Die die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se sitting duur Maandag voort met die getuienis van Jan Gilliland van die tesourie.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo sal ook volgens aanduidings reeds vroeg dié week uitspraak lewer in die aansoek van verskeie partye, onder meer Ajay Gupta, wat getuies wil kruisondervra.

Die DA wil intussen hê pres. Cyril Ramaphosa moet self voor die kommissie getuig, nadat getuienis duidelik gewys het nie nét oudpres. Jacob Zuma en die Guptas het gestroop nie.

John Steenhuisen, DA LP, het ’n petisie begin waarin gevra word dat Ramaphosa aan die Zondo-kommissie moet verduidelik waarom die ANC “die projek” van staatskaping vir so lank onder hul neuse toegelaat het.

John Steenhuisen, DA LP.Foto: Nasief Manie

Steenhuisen sê getuienis wat reeds voor die Zondo-kommissie gelewer is, het dit duidelik gemaak dat nie net oudpres. Jacob Zuma en die Gupta-gesin aan die kern van staatskaping was nie. Dit was die hele ANC, insluitend Ramaphosa, wat geweet het die diefstal is aan die gang maar niks gedoen het om dit te probeer stopsit nie.

“Daar is geen twyfel daaraan nie dat die staatskapingprojek gebore, vertroetel en gekoester is onder die neuse van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, die Zuma-kabinet en die ANC-koukus,” sê Steenhuisen in ’n verklaring.

Die ANC-meerderheid in die parlement het agt jaar lank nie daadwerklik opgetree toe daar kloue ingeslaan is in die Uniegebou, Luthuli-huis, die Inkomstediens, die nasionale vervolgingsgesag en staatsbeheerde entiteite nie, volgens Steenhuisen.

Hy sê die verweer van Ramaphosa en ander ANC-leiers dat hulle nie geweet het wat aangaan nie, beledig die miljoene Suid-Afrikaners wat die geldelike las moet dra.

Steenhuisen sê ANC-politici het jare lank die voordeur oopgehou vir mense soos die Guptas om in te stap en almal te besteel.

Hy sê danksy die kommissie van ondersoek na staatskaping is die ANC nou blootgelê.

"Ramaphosa moet voor die kommissie geroep word om te getuig en te verduidelik hoe die ANC dit toegelaat het dat Suid-Afrika so lank met staatskaping besteel is."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.