Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staatskaping: Kommissie onbepaald uitgestel

Die kommissie van ondersoek oor staatskaping is Dinsdag tot verdere kennisgewing uitgestel, het eerw. Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, gesê.

Die verhoor sou Woensdagoggend om 10:00 hervat het.

“Die kommissie sal Woensdagoggend ’n verklaring uitstuur om die program vir die toekoms te bevestig,” het Stemela in die verklaring gesê.

Hy wou nie sê waarom die verhoor uitgestel is nie.

Maandag het Duduzane Zuma aansoek gedoen sodat hy ook in die verhoor kan getuig nadat hy voorheen daarteen vasgeskop het.

Zuma jr. se regsverteenwoordiger het Maandag in ’n brief gesê Zuma jr. wil sy weergawe gee van die gebeure waaroor Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, getuig het. Hy wil Jonas ook onder kruisverhoor neem.

Jonas het getuig Zuma jr. was by toe die Guptas hom wou omkoop om minister van finansies te word.

Regter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het gesê hy sal Donderdag uitspraak lewer oor versoeke van diegene wat getuies wil kruisondervra.

Stemela het gesê dié uitspraak sal deel wees van die toekomsplanne vir die kommissie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.