Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staatskaping: Zondo wil weet wie lek inligting uit

’n Ondersoek gaan gedoen word nadat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se verklaring aan die Zondo-kommissie vandeesweek uitgelek het voordat hy volgende week voor die kommissie getuig.

Barbara Hogan, ’n voormalige minister, se verklaring het ook vroeër uitgelek voor sy getuig het.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie na staatskaping. Foto: Deaan Vivier

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, het Donderdag in ’n verklaring gesê ’n ondersoek sal gedoen word om te bepaal wie die mense is wat die verklarings uitlek.

Zondo het ook die media en die publiek se aandag gevestig op regulasie 11(3) en 12(2)(c) van die kommissie wat sê niemand mag sonder die skriftelike toestemming van die voorsitter ’n dokument wat aan die kommissie verskaf is versprei of dele daarvan publiseer nie.

Volgens regulasie 12(2)(c) is dit ’n kriminele oortreding om sonder skriftelike toestemming enige dokumente of verklaring te verprei of te publiseer en kan ’n persoon by skuldigbevinding ’n boete of gevangenisstraf van tot 12

maande opgelê word.

Nadat ’n getuie voor die kommissie getuig het en sy verklaring is ingedien, mag die media die persoon se verklaring publiseer tensy anders beveel deur die voorsitter.

Zondo het almal versoek om die regulasies in ag te neem en op te hou om getuies se verklarings of gedeeltes daarvan te verprei of te publiseer alvorens die getuies voor die kommissie getuig het of sonder sy skriftelike toestemming.

Meer oor:  Praviin Gordhan  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.