Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staatsrede dalk veel goedkoper as R2 m.

Pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede later vandeesmaand sal die belastingbetaler baie minder as R2 miljoen uit die sak jaag.

Lechesa Tsenoli, adjunk-speaker van die Nasionale Vergadering, het dit Woensdag gesê toe hy saam met Thandi Modise, speaker, Amos Masondo, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, en Sylvia Lucas, adjunkvoorsitter, joernaliste by die parlement toegespreek het oor die vordering met voorbereidings vir die staatsrede op 20 Junie.

Pres. Cyril Ramaphosa lewer vroeër vanjaar die staatsrede in die parlement. Foto: Jaco Marais

Volgens Tsenoli word sowat R2 miljoen in dié stadium vir die staatsrede begroot.

“Aanduidings is dat ons betekenisvol minder as die begrote bedrag sal bestee.

“Vir die Februarie-staatsrede het ons ook net meer as R2 miljoen begroot, maar het toe net sowat R1,6 miljoen bestee. Die parlement het die laaste jare sy begrotings vir die staatsrede baie afgeskaal en dit het, ondanks inflasie, verminder van R9,2 miljoen vyf jaar gelede tot R2 miljoen vir hierdie seremonie.

“Ons hou in gedagte dat die seremonie sal plaasvind teen die agtergrond van ’n afname in ons ekonomie in die eerste drie maande vanjaar – wat luidens Statistieke Suid-Afrika die grootste kwartaallikse daling in ekonomiese aktiwiteit sedert die eerste kwartaal van 2009 is. Gepaste kostebesparingsmaatreëls is daarom nodig,” het Tsenoli gesê.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Staatsrede  |  Staatsrede 2019  |  Sona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.