Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Stadige grondhervorming is teelaarde vir onrus – Mabuza

Die stadige pas van grondhervorming, asook strukturele ongelykheid is ’n teelaarde vir maatskaplike onrus en politieke onstabiliteit in Suid-Afrika.

Adj.pres. David Mabuza waarsku dat solank as wat dié kwessies nie opgelos is nie, sal die land agteruitboer en nooit verenig en voorspoedig wees nie.

“Diep strukturele ongelykhede sal tot erge polarisasie en politieke onstabiliteit lei, en maatskaplike samehorigheid sal daarvan afhang of dié ongelykhede uitgewis word.”

Mabuza het Woensdag in ’n vraesessie in die Nasionale Raad van Provinsies mondelings reageer op ’n vraag oor maatskaplike eenheid nadat die onlangse gebeure in Senekal die rassespanning in die land verhoog het.

PRETORIA, SOUTPH AFRICA â?? MAY 09: David Mabuza o
David Mabuza (Photo by Gallo Images / Beeld / Theana Breugem)

’n Bloedbad is in Oktober in dié Vrystaatse dorp nouliks afgeweer toe EFF-lede byna met die betogers teen plaasmoorde slaags geraak het. Hulle was almal in die dorp toe die plaasvoorman Brendin Horner se vermeende moordenaars in die landdroshof verskyn het.

“As regering is ons erg ontsteld oor die gebeure in Senekal, asook oor die verval van die politiek tot rasse-uitlokking en verdelende populisme.”

Volgens Mabuza is een van die grootste aspekte wat ’n vonk in die kruitvat kan wees, die kwessie van mense wat hul grond verloor het en nog nie by grondhervorming gebaat het nie.

“Solank daar mense is wat as onteiendes nie die grond terugkry nie, kan ons nie vrede hê nie. Ons gaan die probleem binne die raamwerk van die Grondwet aanpak en sal nie enige grondgrype of menseregteskendings toelaat nie.”

Armand Cloete van die VF Plus het egter gesê die woord ongelykheid moenie gebruik word as regverdiging vir die moord op Horner en dat hy aan ’n paal vasgebind is nie. Stellings moenie deur ANC-lede gemaak word wat rassisme aanmoedig nie.

Volgens Mabuza moet rassisme uit alle oorde veroordeel word. Hy het bygevoeg dat die ANC in die “ware sin van die woord” ’n nierassige organisasie is wat nie eintlik omgee oor velkleur wanneer hy kwessies in ag neem nie.

Cathlene Labuschagne van die DA wou by Mabuza weet wat die regering se standpunt is nadat Bheki Cele, minister van polisie, en Ayando Dlodlo, minister van staatsveiligheid, vroeër in die landdroshof in Senekal by Julius Malema, die EFF-leier, gesit het. “Veral gegewe die feit dat die EFF nie ’n onskuldige party was nie.”

Mabuza het gereageer deur te sê Malema en Cele is albei lede van die Nasionale Vergadering en daarom is dit nie ongewoon dat hulle as leiers oor kwessies praat nie.

Mabuza het sy versekering gegee dat die regering die belange van boerderygemeenskappe op die hart dra om in vrede en harmonie saam te leef as deel van die regering se verskerpte plan om die landbousektor terwille van voedselsekerheid te laat groei.

Daarby moet geleenthede vir almal geskep word om die grond te bewerk sonder vrees om vermoor te word.

Meer oor:  David Mabuza  |  Senekal  |  Grondhervorming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.