Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staking afgelas nadat regering ‘toegee aan eise’

Die landwye staking deur begrafnisondernemers wat sedert Maandag weier om lyke uit hospitale en huise te verwyder, sal Donderdag afgelas word nadat die regering aan “die meeste van ons eise toegegee het”.

Dit is volgens Thokozani Dladla, nasionale sameroeper van die Unification Task Team (UTT), wat die staking georganiseer het.

Die UTT verteenwoordig 17 verenigings en forums van begrafnisondernemings wat die meeste swart begrafnisondernemers landwyd verteenwoordig.

Dladla het Dinsdag gesê die staking is “uiters suksesvol”.

“Ons het op grondvlak bereik wat ons wou. Maandag en Dinsdag het ons lede geen lyke by staats- of private hospitale of by huise verwyder nie. Geen begrafnisse is gehou daar waar ons betoog nie en ons lede het geen doodskiste of grafstene verskaf nie.

“Hulle het in die twee dae vreedsaam voor hospitale, lykshuise, begraafplase en by ander begrafnisondernemers betoog.”

Volgens hom sal die staking egter Donderdag eindig “omdat die departement van gesondheid na ons toe teruggekom en aan die meeste van ons eise toegegee het”.

Dladla het bygevoeg dat die UTT net vir ’n formele brief van die departement wag wat die ooreenkoms bevestig.

“Hierdie staking was die waarskuwingskote wat ons afgevuur het omdat die regering ons as begrafnisondernemers jare verwaarloos het.”

Ons het op grondvlak bereik wat ons wou. Maandag en Dinsdag het ons lede geen lyke by staats- of private hospitale of by huise verwyder nie. Geen begrafnisse is gehou daar waar ons betoog nie en ons lede het geen doodskiste of grafstene verskaf nie.

Volgens Dladla het die regering die afgelope ses maande tydens die inperking nie een keer begrafnisondernemers of die werk wat hulle doen, erken nie.

“Dit terwyl ons baie direkteure van begrafnisondernemings en werkers aan die dood afgestaan het wat siek geword het omdat hulle hul werk gedoen het.

“Dit wys net dat die regering ons nooit ernstig opgeneem het nie. Ons baklei nie, maar het standpunt ingeneem omdat hulle ons so lank geïgnoreer het.

“Ons wil ook net aan versekeringsmaatskappye, die Padongelukkefonds en ander groot rolspelers in die bedryf sê: ‘Ons kom vir julle’,” het Dladla bygevoeg.

Intussen het die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) Dinsdag in ’n verklaring gesê dat die staking ’n nieregstreekse impak op individue kan hê wat begrafnispolisse by stakende begrafnisondernemers uitgeneem het.

Die FSCA reguleer nie die aktiwiteite van begrafnisondernemers nie, maar eerder die begrafnispolisse.

Alle begrafnispolisse moet ingevolge wetgewing deur ’n gelisensieerde versekeraar onderskryf word.

“Kliënte word geadviseer dat hul polisse en relevante dienste van versekeraars tydens die staking geldig bly. Alle kanale om begrafnispolis-verwante dienste te bekom bly ook beskikbaar.

“As ’n begrafnispolis by ’n begrafnisondernemer is wat staak, kan die eisers die versekeraar direk kontak om te verseker dat geldige eise geskik word.

“Die FSCA sal met die begrafnisbedryf skakel om te verseker dat kliënte regverdig behandel word en dat die bedryf aanhou om in die lede se belang op te tree.”

Meer oor:  Begrafnisondernemers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.