Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Stap nader vir uitlewering van Gupta-familie aan SA

Suid-Afrika is nog ’n regstap nader om die voortvlugtige Gupta-familie weens hul beweerde aandeel in staatskaping uit Dubai te kan laat uitlewer.

Dit volg nadat die parlement se portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste Dinsdag twee ooreenkomste vir uitlewering en wedersydse regshulp in strafaangeleenthede tussen Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) aanvaar het.

Albei die ooreenkomste is op 25 September 2018 deur Michael Masutha, minister van justisie en korerektiewe dienste, en sy VAE-eweknie in Abu Dhabi onderteken.

Atul Gupta

Dit is welbekend dat die Gupta-familie na Dubai, wat deel van die VAE is, uit Suid-Afrika gevlug het.

John Jeffery, adjunkminister van justisie, het ná die komitee se aanvaarding van die komitee aan joernaliste gesê die ooreenkomste moet nou ook eers deur die parlement se Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies bekragtig word.

“Dit moet dan ook soortgelyk deur die VAE se parlement bekragtig word, As dit alles afgehandel is sal albei ooreenkomste van krag wees.”

Volgens Jeffery het die vroeëre gebrek aan ’n uitleweringsooreenkoms tussen die twee lande egter nie beteken dat daar nie aansoek gedoen kon word om ’n gesoekte persoon uit die VAE na Suid-Afrika te laat uitlewer of andersom nie.

“Die ooreenkomste maak dinge egter nou makliker.”

Op ’n stelling van Steve Swart, ACDP-LP, op die komiteesitting dat die ondertekening van sulke ooreenkomste doelbewus tydens die regime van oudpres. Jacob Zuma vertraag is omdat daar nie die politieke wil was om dit te doen nie, het Jeffery gesê dit was Swart se “opinie en politiekery”.

“Dit het egter gegaan oor twee lande wat ooreen moet kom en daar kan wel vertragings aan albei kante in sulke prosesse wees,” sê Jeffery.

Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Dubai  |  Guptas  |  Uitlewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.