Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Stappe teen OB: Niks fout met dié reëls, sê speaker

Daar bestaan geen regsgronde waarom die nuwe reëls vir die verwydering van die hoofde van hoofstuk 9-instellings nie in werking gestel moet word nie.

Só het Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Sondagmiddag in ’n verklaring gesê.

Die verklaring het gevolg op ’n brief wat sy verlede week van adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), ontvang het waarin sy aanvoer die reëls is ongrondwetlik en onwettig.

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer.

Die OB, wat in die laaste ruk met onder andere pres. Cyril Ramaphosa en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, swaarde gekruis het, is tans onder groot druk om die tuig neer te lê.

Haar bevoegdheid word in baie kringe bevraagteken. Die ANC is self diep verdeeld oor wat met Mkhwebane moet gebeur.

Mkhwebane het die brief aan Modise gestuur ná die aankondiging dat die speaker die mosie, dat die parlement begin met prosedures om die OB uit haar pos te verwyder, na ’n onafhanklike paneel van kenners stuur om ’n voorlopige ondersoek te doen.

Die mosie is deur die DA ingedien.

Modise sê sy is tevrede dat die mosie voldoen aan al die vereistes van die reëls.

“Die speaker alleen kan nie ten onregte van enige parlementslid optree deur ’n ingediende klagte te keer wat aan art. 194 van die Grondwet voldoen nie.”

Die nuwe parlementêre reëls sit drie gronde uiteen vir die verwydering van die hoof van ’n grondwetlike

instelling waarvan die openbare beskermer (OB) een is.

Dit sluit in wangedrag, ongeskiktheid vir werk of onbevoegdheid.

Politieke partye het tot Vrydag tyd om name in te dien van kundiges wat op die paneel moet dien.

Nadat die paneel sy verslag opgestel het, sal die OB die geleentheid kry om daarop kommentaar te lewer.

Hierna moet die paneel sy beslissings en aanbevelings aan die NV voorlê.

Intussen het die ANC hom gedistansieer van 'n uitlating van Supra Mahumapelo, die vorige premier van Noordwes wat nou 'n ANC-parlementslid is.

Mahumapelo het gesê die ANC sal nooit saam met die DA stem om van die OB ontslae te raak nie.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het in 'n verklaring gesê dit is Mahumapelo se persoonlike mening en en verteenwoordig nie die ANC se  mening nie.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Thandi Modise  |  Ob  |  Speaker  |  Nasionale Vergadering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.