Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Steenhuisen, nog 2 wil waarneem as DA-leier
John Steenhuisen Foto: Melinda Stuurman

Drie kandidate waaronder die nuutverkose parlementêre leier, John Steenhuisen, het hulle beskikbaar gestel vir die tussentydse leierskap van die DA.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse DA-leier, sowel as Makashule Gana, lid van die DA in die Gautengse wetgewer, ding saam met Steenhuisen mee vir die pos van tussentydse leier.

Altesaam vier kandidate het hulle beskikbaar gestel vir die tussentydse voorsitterskap van die DA.

Hulle is dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, Dharmesh Dhaya, hoofsweep van die DA in die Buffalo City-metroraad in Oos-Londen, Khume Ramulifho, DA-lid in die Gautengse wetgewer, en dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid.

Die poste is vakant ná die bedanking verlede week van Mmusi Maimane as DA-leier en Athol Trollip as DA-voorsitter. Hul bedankings het gevolg nadat ’n verslag van ’n hersieningspaneel onder leiding van Ryan Coetzee, strateeg en voormalige DA-LP, deur die partyleierskap oorweeg is. Die paneel is deur Maimane aangewys ná die DA se onbevredigende uitslae in die Mei-verkiesing.

Die DA se federale raad wat uit sowat 150 lede bestaan, sal op 17 November die nuwe leiers in Johannesburg verkies.

Die benoemings vir die poste het Donderdag om 17:00 gesluit. Désirée van der Walt, voorsittende beampte van verkiesings van die federale raad, het in ’n verklaring gesê die party sien uit na ’n “konstruktiewe tydperk” van veldtogte tussen die kandidate.

Meer oor:  Da  |  John Steenhuisen  |  Da-Leier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.