Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Steenhuisen stel belang in pos as DA-leier
John Steenhuisen tydens sy praatjie by die Kaapse persklub in Kaapstad. Foto: Adrian de Kock

John Steenhuisen het bevestig dat hy homself beskikbaar sal stel om as die nuwe nasionale tussentydse DA-leier verkies te word en uiteindelik die permanente DA-leier by die partykongres in April aanstaande jaar.

Hy het die aankondiging Maandag by die Kaapse persklub gedoen.

Dit kom ’n dag nadat die DA aangekondig het dat dié oudhoofsweep die party se nuwe tussentydse parlementêre leier is. Geen ander benoemings vir die pos is aanvaar nadat die benoemings Vrydagaand gesluit het nie.

Die posisie van nasionale leier is vakant nadat Mmusi Maimane verlede week as DA-leier bedank het. Athol Trollip het op dieselfde dag as DA-voorsitter bedank, terwyl Herman Mashaba as burgemeester van Johannesburg bedank het.

’n Nuwe tussentydse leier en voorsitter word op 17 November in Johannesburg op ’n vergadering van die DA se federale raad verkies.

Meer oor:  Da  |  John Steenhuisen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.