Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Steenhuisen wil party ‘stabiliseer’

John Steenhuisen (43), parlementêre DA-leier, sê hy is verkiesbaar as tussentydse partyleier omdat hy die DA wil stabiliseer en herstel tot ’n waardegegronde party.

John Steenhuisen. Foto: Jaco Marais

Hy sê sy 20 jaar as raadslid, NRP-lid en LP het sy leierskap geslyp. Steenhuisen sê sy vermoë om die politieke landskap te lees en dan strategieë en taktieke aan te pas gee hom ’n voordeel om “deur die geraas te sny” en seker te maak die DA se aanbod beland by sy kiesers.

Steenhuisen meen die parlement gaan ’n slagveld wees waar sleutelkwessies soos die nasionale gesondheidsversekering, nasionalisering, voorgeskrewe beleggings en die grondkwessie die DA se bates kan uitwys.

“Ons moet wegbeweeg van hierdie krasse ras-gegronde obsessie waar ’n mens se waarde in die lewe bepaal word deur iets so arbitrêr soos die melanieninhoud van jou vel.

“Maar ons kan steeds erken: Weens die nalatenskap van apartheidsbeleid en die tekort aan geleenthede is die meeste armes en benadeeldes – maar glad nie ál die armes en benadeeldes nie – swart Suid-Afrikaners.

“Dit wys al kan ras ’n aanduider van benadeling wees, is dit glad nie die enigste aanduider nie,” sê Steenhuisen.

“Ek wil hê ons moet gefokus wees om ons alternatiewe aan die mense van ons land voor te lê, en nie sonder ophou aan te gaan oor hoe swak die ANC is nie, maar om vol selfvertroue en duidelikheid te wys hoe goed dinge onder die DA se alternatiewe kan wees.”

Meer oor:  John Steenhuisen  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.