Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Stel wet in wat tenders vir familie en vriende verbied’

Die wet moet staatsamptenare en politici heeltemal verbied om staatstenders aan vriende en familie toe te ken, sê dr. Ralph Mathekga, ’n onafhanklike politieke ontleder.

Dit volg nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE), die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die Valke Dinsdag op ’n virtuele vergadering met die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gevra het vir bykomende wetgewing om die tipe tenders te reguleer.

Mathekga sê wetgewing moet deurgevoer word om dit heeltemal te verbied en nie net te reguleer nie.

Ralph Mathekga

“Daar is wetgewing wat vereis dat amptenare botsende belange moet verklaar, maar dit word nie toegepas nie. Dit is ook goed dat die voorstel vir nuwe wetgewing van die voetsoldate in die geveg teen korrupsie, die wetstoepassers self, kom en nie deel is van politieke ideologieë nie,” sê Mathekga.

Op ’n vraag oor of selfs verlangse familie dan verbied sal word om kontrakte met staatsinstellings aan te gaan, sê Mathekga hy is nie seker nie.

“Die wetgewing sal ook gepaard moet gaan met die nodige prosesse wat gevolg word voordat ondernemings tenders ontvang. Meestal voldoen die ondernemings wat aan familielede of vriende behoort nie aan die nodige standaarde nie en as die prosesse in plek was, sou hulle van die begin af nie die tenders ontvang het nie,” sê Mathekga met verwysing na die verkrygingsprosesse.

Dr. Guy Lamb, ’n politieke kenner verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se departement vir politieke wetenskap, sê dit gaan ’n lang proses wees om dié tipe wetgewing deur te voer.

“Dit gaan ook alles afhang of die regerende party die wetgewing ondersteun, al dan nie.”

Daar is wetgewing wat vereis dat amptenare botsende belange moet verklaar, maar dit word nie toegepas nie. Dit is ook goed dat die voorstel vir nuwe wetgewing van die voetsoldate in die geveg teen korrupsie, die wetstoepassers self, kom en nie deel is van politieke ideologieë nie.

Hy sê die ondersoeke en vervolgings waarmee die SOE, NVG en Valke besig is, is ’n “goeie begin. Daar is ’n duidelike tendens in die NVG om slegs mense te vervolg waarvan die moontlikheid op sukses baie hoog is. Hulle gebruik die beperkte hulpbronne wat tot hul beskikking is goed en daar is ’n duidelike belofte van hul kant af dat geregtigheid sal geskied.”

Die drie wetstoepassers het Dinsdag gemaan dat sou hul begrotings gesny word, die kanse op suksesvolle vervolgings en ondersoeke minder sou wees.

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê die wetstoepassers moet nou fokus op die sake wat tot ’n skuldigbevinding sal lei.

Die Valke het Dinsdag ook aangekondig nog inhegtenisnemings gaan Donderdag plaasvind wat met die wanbesteding van Covid-19-geld verband hou.

Kenners is verdeeld oor wie dit kan wees.

Mathekga sê dit is moeilik om te bepaal of hulle ’n voetsoldaat in hegtenis gaan neem “of hoër op in die politieke range sal beweeg”.

Lamb sê hy durf nie eers spekuleer wie dit gaan wees nie, terwyl Bloom sê hy verwag meer as een mens sal in hegtenis geneem word.

“Jy pleeg tog nie korrupsie op jou eie nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.