Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Stellings oor plaasveiligheid is ‘roekeloos’

“Dit was roekeloos, ’n mens kan nie net vir mense sê om wild en wakker te begin skiet nie,” meen die Landelike en Plaaswerker-onwikkelingsorganisasie in die Wes-Kaap.

Billy Claasen, hoof van dié organisasie, verwys na die stelling van Ian Cameron, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid, dat landbougemeenskappe hulself moet beskerm omdat die regering en polisie nie hul werk in dié verband doen nie.

AfriForum en die landboubelangenetwerk vir boere, Saai, het Woensdag hul statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle in Centurion bekend gemaak.

Cameron sê hul statistieke dui op die polisie se onvermoë om landelike gemeenskappe te beskerm. “Ons is op ons eie.”

Ons doen ’n beroep op AfriForum om hul onverantwoordelike stellings terug te trek aangesien dit tot wydverspreide geweld in landelike gebiede kan lei,” sê Claasen.

Van die mense behandel hul werkers ook sleg. Die meeste van die sogenaamde plaasaanvalle is as gevolg van ’n slegte verhouding tussen boere en plaaswerkers.

Volgens hom is dit kommerwekkend dat AfriForum hul beroep oor veiligheid uitsluitlik tot boere gerig het.

“Misdaad ken nie kleur of klas nie,” sê Claasen.

Hy het verwys na plaaswagorganisasies wat, volgens hom, uitsluitlik uit wit mense bestaan en eie reg gebruik.

“Van die mense behandel hul werkers ook sleg. Die meeste van die sogenaamde plaasaanvalle is as gevolg van ’n slegte verhouding tussen boere en plaaswerkers.”

Hy meen die oplossing is eerder om gemeenskappe te oorreed om nouer met die polisie saam te werk, eerder as om eie reg te gebruik.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Vrydag gesê Claasen se stellings is op leuens gegrond.

“AfriForum se plaaswagstrukture kry wye steun van verskeie organisasies, wat die polisie insluit.

“Dit is belangrik om in gedagte te hou dat Claasen ’n klein organisasie verteenwoordig wat nie wye steun geniet nie.”

* Netwerk24 het Woensdag berig luidens AfriForum en Saai se data het plaasmoorde van 54 gevalle in 2018 tot 57 in 2019 toegeneem. Plaasaanvalle het van 433 gevalle in 2018 tot 552 gevalle in 2019 gestyg.

Meer oor:  Ian Cameron  |  Wes-Kaap  |  Plaasveiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.