Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
#Stembus: EFF hou ‘fees van armes’ in Polokwane
'n Vorige EFF saamtrek. Foto: Deaan Vivier

Die EFF se laaste saamtrek in Polokwane voor die munisipale verkiesing gaan ’n “fees van die armes” wees.

Só het Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, Vrydagmiddag by die Peter Mokaba-stadion gesê waar dit ’n miernes van bedrywighede is ter voorbereiding van Sondag se saamtrek.

“Dit is ook ’n viering van die party se derde verjaardag. So, ons gaan koek sny en sjampanjeproppe laat skiet,” sê Ndlozi.

Die EFF was op 26 Julie drie jaar oud. Die party is Vrydag geruk toe Mike Mathebe, partyleier in Limpopo, na die ANC oorgeloop het.

Ndlozi sê hulle fokus op Sondag se saamtrek en volgende week se verkiesing. “Ons sal daarna amptelik kommentaar lewer oor wat met Mathebe gebeur het.”

Volgens hom gaan die EFF nie busse huur om mense Sondag van ander provinsies na Limpopo te vervoer nie. “Limpopo se mense hou baie van die EFF. Dit is die tuiste van ons leier en ons verwag duisende mense.”

Julius Malema, leier van die EFF, sal die skare om 13:00 toespreek.

Die EFF is een van 56 partye wat volgende week aan die munisipale verkiesing in Limpopo gaan deelneem.

Julius Malema

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is daar sowat 2,5 miljoen kiesers in Limpopo geregistreer om te stem. Daar is 3 111 stempunte in die provinsie.

“Ons demokrasie word sterker. Dit kan gesien word in die toename van partye wat vir die verkiesing geregistreer is. In 2006 was daar slegs 16 partye. Dit het in 2011 tot 20 gegroei en nou is daar 56 partye,” sê Motsiri Ramafalo, woordvoerder van die OVK. Altesame 20 000 stembusse sal in Limpopo versprei word.

“Ons het 58 000 penne, 6 222 baniere en 23 store waar stemmateriaal geberg word,” sê Ramafalo.

Politieke partye het vandag begin om stemme te werf in Vuwani, waar geweld vroeër uitgebreek het omdat inwoners ontevrede is oor munisipale grense. Senior tradisionele leiers en die regering het ’n ooreenkoms onderteken waarin onderneem is dat daar nie geweld tydens die verkiesing in Vuwani sal wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.