Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Steve swaai sy omstrede twiet om

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het Maandagoggend weer kaalvuis op Twitter ingeklim ná verlede week se hewige debat op sosiale media oor die grondkwessie.

Hy het aanvanklik verlede Woensdag teenoor Phumzile van Damme, DA-LP, en Zindzi Mandela-Hlongwane, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke, uitgevaar.

Hofmeyr het toe getwiet: “Julle SAL spring wanneer ek so sê en julle SAL vra hoe hoog. En wanneer julle kom om ons lewe en grond te vat, SAL julle doodgaan. Ons kontrak is so eenvoudig. En julle moet dit nie vergeet nie.”

Nou het die sanger soos volg getwiet: “Ek wil my twiet ter wille van transformasie en eenheid omswaai. ‘Liewe staatsamptenare. Ek dien julle en wanneer julle sê ek moet spring, sal ek vra hoe hoog. En wanneer julle kom om my land te vat en my gesin te vermoor, sal ek julle vrye toegang tot my huis gee. Ek belowe.”

Steve Hofmeyr Foto: Deon Raath

Mandela-Hlongwane het ’n oorlog in die kleine op Twitter veroorsaak met haar twiets op Vrydag 14 Junie.

Dié een twiet waarin sy skryf: “Dear Apartheid apologists, your time is over. You will not rule again. We do not fear you. Finally. Land is ours,” is intussen verwyder.

Die twiet het ’n vurige debat op Twitter laat ontstaan. Foto: Twitter

Zindzi Mandela in London in 2013
Zindzi Mandela in 2013 in London. Foto: Neil P. Mockford, Getty Images

Dr. Naledi Pandor, nuwe minister van openbare betrekkinge en samewerking, het Mandela intussen oor die Twitter-geveg aangespreek waarin sy met verskeie wit Suid-Afrikaners betrokke geraak het.

Pandor het ook aan Rapport bevestig Mandela se termyn as ambassadeur in Denemarke verstryk binnekort. ’n Kenner glo dis moontlik weens hierdie rede dat sy so roekeloos met haar uitlatings op sosiale media is.

Van Damme is by die herrie op sosiale media betrek weens ’n beweerde rassevoorval by die V&A Waterfront op Dinsdag 18 Junie.

Van Damme het ’n foto van 'n gesin getwiet en geskryf dat die vrou haar afgeneem het terwyl ’n jong man in ’n swart hemp vir haar “voertsek” gesê en haar selfoon glo uit haar hand gestamp het.

“Hy het my met geweld gedreig. Ek het hom uit selfverdediging met die vuis teen die kop geslaan,” het sy ná die voorval geskryf.

Die ANC het Maandagoggend bevestig hy gaan voort met die strafregtelike klagte wat hy teen Hofmeyr in Johannesburg aanhangig gaan maak. Die party sê die sanger het doodsdreigemente teen Van Damme en Mandela-Hlongwane gemaak.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het vroeër in ’n verklaring gesê dat Hofmeyr se twiet waarin hy geskryf het dat hy Mandela-Hlongwane en Van Damme se “baas” is omdat hy ’n belastingbetaler is, as “barbarisme, wit bevoorregting en giftige manlikheid” beskryf kan word.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Twiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.