Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Stevens bly Tshwane se burgemeester’ – DA

John Moodey, Gautengse DA-leier, sê hy kan die inwoners van die Tshwane-metro gerusstel dat Stevens Mokgalapa die burgemeester van Tshwane bly.

Dit volg nadat Julius Malema, EFF-leier, Donderdag op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê het dat dié party en die DA in twee Gautengse metropolitaanse munisipaliteite oor magsdeling onderhandel.

John Moodey, Gautengse DA-leier.Foto: Argief

Malema sê dit kan daartoe lei dat ’n EFF-lid burgemeester word in die Tshwane-metro in Pretoria, terwyl Herman Mashaba van die DA sy pos as burgemeester van Johannesburg behou.

Moodey ontken daar was enige gesprekke tussen die DA en die EFF oor wie voortaan die burgemeesters van die metrorade van Johannesburg en Tshwane sal wees.

Daar is wel ’n uitnodiging vir ’n gesprek volgende week op nasionale vlak tussen dié twee partye oor samewerking, maar volgens Moodey is daar geen agenda vir die vergadering nie.

Malema het op die mediakonferensie gesê hy is onwillig om Mashaba in Johannesburg te verwyder. “Waarom? Die ANC haat Mashaba en ek is bly. Hoekom iemand verwyder wat ’n groot probleem vir die ANC is? Ons steun Mashaba. Hy moet bly.”

Hy sê Mokgalapa, wat maar die afgelope paar maande burgemeester van die Tshwane-metro is, sal ’n slagoffer wees wat die DA moet hanteer.

Dié uitlating het tot groot ongelukkigheid onder talle DA-raadslede in die Tshwane-metroraad gelei. Verskeie van hulle het aan Netwerk24 gesê hulle sal nie ’n EFF-burgemeester aanvaar nie.

“Dit waarvoor die EFF staan, druis in teen alles wat vir ons belangrik is. Ons kan nie toelaat dat die EFF die gang van sake beheer nie.

“Die kiesers wat vir ons gestem het, sal dit ook nie aanvaar nie,” het ’n raadslid gesê. Moodey het Vrydagmiddag gesê hy kan die inwoners van Tshwane gerusstel dat Mokgalapa tot en met die volgende munisipale verkiesing in 2021 in sy pos as burgemeester sal aanbly.

Die verhouding tussen die DA en die EFF in Tshwane is die laaste ruk nie goed nie.

Hy sê DA-ondersteuners en -raadslede en inwoners van Tshwane moet die leierskap van die DA vertrou.

“Enige besluit wat ons neem, sal wees tot voordeel van die mense van Tshwane.”

Enige besluite oor samewerking tussen die DA en die EFF word op federale (nasionale) vlak geneem en nie op plaaslike vlak nie, het hy benadruk.

Die verhouding tussen die DA en die EFF in Tshwane is die laaste ruk nie goed nie.

Die DA beheer dié raad in koalisie met kleiner partye ná die munisipale verkiesing van 2016, toe die ANC nie ’n volstrekte meerderheid kon behaal nie.

Die EFF is nie deel van die koalisie nie, maar het ’n samewerkingsooreenkoms met die koalisievennote om die ANC uit te hou.

* Intussen is Solly Msimanga, die vorige Tshwane-burgemeester, Vrydag in Johannesburg verkies tot dié party se koukusleier in die Gautengse wetgewer.

Hy was ook die party se premierskandidaat in dié provinsie in verlede week se algemene verkiesing.

As koukusleier sal hy ook die leier van die amptelike opposisie in die Gautengse wetgewer wees.

Moodey was tot voor die verkiesing die koukusleier.

Meer oor:  Da  |  John Moodey  |  Tshwane-Metro  |  Tshwane  |  Verkiesing 2019  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.