Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Stigting steun versoek dat NVG onafhanklik raak

Die besluit oor wie vervolg gaan word en wie nie, hang af van wie die nasionale vervolgingsgesag (NVG) beheer. Daarom is dit belangrik dat die NVG eerder onafhanklik van die regering as waghond optree.

Dit is juis die probleem waarmee die NVG tans sit. Shamila Batohi, hoof van die NVG, se onlangse versoek aan die Nasionale Vergadering se komitee oor justisie om dié instelling van die departement van justisie los te maak en onafhanklik soos ’n hoofstuk 9-instelling te laat funksioneer, is ’n stap in die regte rigting, meen adv. Jacques du Preez, hoof van die FW de Klerk-stigting.

Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Argief

Hy sê staatsaanklaers speel ’n belangrike rol in die samelewing, juis om tot deursigtigheid en verantwoordbaarheid by te dra asook om die gemeenskap teen misdade te beskerm.

In Suid-Afrika, waar korrupsie, magsmisbruik en staatskaping algemeen voorkom, is die nood vir ’n onafhanklike vervolgingsgesag baie groot.

Du Preez sê in die eras van oudpresidente Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma was dit vir hulle baie belangrik wie beheer oor die NVG het.

“Dit is so omdat die besluit oor wie vervolg gaan word, lê by wie ook al beheer oor die NVG het.”

Du Preez het voorbeelde genoem van hoe van die voormalige presidente hul mag gebruik het om te verseker dat sekere mense nie vervolg word of uit hul poste ontslaan word nie.

Een voorbeeld was toe Vusi Pikoli deur Mbeki afgedank is omdat hy besluit het om Jackie Selebi, die voormalige hoof van die polisie, te vervolg. Mokotedi Mpshe, wat Pikoli vervang het, het op sy beurt besluit om Zuma nie te vervolg nie.

Dit is so omdat die besluit oor wie vervolg gaan word, lê by wie ook al beheer oor die NVG het.

Volgens Du Preez het Batohi se termyn ook moontlik reeds weens die “De Kock-verslag” skade gely.

In dié verslag word verwys na sameswerings en leuens deur senior NVG-aanklaers om genl.maj. Johan Booysen, die voormalige hoof van die Valke in KwaZulul-Natal, te vervolg.

Du Preez sê die NVG is ’n entiteit van die Grondwet en is nie deel van die uitvoerende of wetgewende arms van die staat nie. Daarom word dit deur die departement van justisie beheer.

Ingevolge art. 179 (1)(a) van die Grondwet word die hoof van die NVG deur die president aangestel.

Die NVG is ingevolge art. 179(5) van die Grondwet saam met die kabinetslid verantwoordelik vir regspleging en moet ná konsultasie met die NVG-direkteur besluit wat die vervolgingsbeleid is.

“Dit beteken in effek die NVG kan nie onafhanklik oor beleid besluit of besluite neem sonder die finale insette van die departement van justisie en korrektiewe dienste nie,” sê hy.

Die vraag ontstaan dus of die hoof van die NVG deur die president aangestel moet word en of die hoof nie eerder soos regters deur ’n onafhanklike liggaam soos die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingevolge art. 178 van die Grondwet aangestel moet word nie. Du Preez sê as die NVG meer onafhanklik van die Grondwet moet raak, sal ’n grondwetlike wysiging nodig wees.

Meer oor:  Nasionale Vervolgings­Gesag (Nvg)  |  Nvg  |  Kaping  |  Korrupsie  |  Staatskaping  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.