Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Stop proses teen OB, eis EFF

Die parlementêre verwyderingsproses teen die openbare beskermer (OB) moet onmiddellik in sy spore gestuit word, eis die EFF.

Adv. Busisiwe Mkhwebane Foto: Daily Sun

Dít was Donderdag die party van Julius Malema se reaksie op ’n hofuitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad waarin Woensdag beveel is dat die parlement twee van die reëls moet wysig wat gebruik word om ’n sittende hoofstuk 9-ampsdraer uit hul pos te verwyder.

Dit is in die aansoek wat adv. Busisiwe Mkhwebane, die OB, vroeër ingedien het om al daardie reëls ongrondwetlik te laat verklaar.

Die hof het egter gelas dat net twee van die reëls gewysig hoef te word.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het Woensdagaand in reaksie daarop gesê dat die NV kennis geneem het van die hof se bevindinge oor die insluiting van ’n regter in die onafhanklike paneel en die reg van ’n hoofstuk 9-ampsdraer tot regsverteenwoordiging tydens die ondersoekkomiteefase van die verwyderingsproses.

Modise het bygevoeg die uitspraak word nog bestudeer en gesê die wyse waarop die komitee sal voortgaan, sal op regsadvies gegrond wees.

Vuyani Pambo, EFF-woordvoerder, het Donderdag ook in ’n verklaring gesê die EFF eis dat die “visvang-ekspedisie wat tans in die parlement aan die gang is, onmiddellik gestop word”.

“Ons herinner die parlementêre ampsdraers dat hulle nie die parlement is nie en daarom nie kan appelleer teen die hooggeregshof in Kaapstad se uitspraak sonder ’n parlementêre besluit en mandaat daaroor nie.

Die voorsittende beamptes moet erken dat die proses tot nou toe ongrondwetlik is en dat die aktiwiteite van die komitee, wat gestig is om jag te maak op die OB, dus sy aktiwiteite moet stop.

“Die EFF sal enige voorsittende beampte se poging om die uitspraak te betwis, beslis teenstaan en seker maak dat so ’n amptenaar persoonlik daarvoor aanspreeklik gehou word. Die voorsittende beamptes moet erken dat die proses tot nou toe ongrondwetlik is en dat die aktiwiteite van die komitee, wat gestig is om jag te maak op die OB, dus sy aktiwiteite moet stop.”

Die ondersoekkomitee het reeds Woensdag, voordat die uitspraak uitgereik is, vergader en ’n voorlopige program en regsraamwerk aanvaar. Hulle vergader weer Woensdag om die finale program en verwysigingsraamwerk te aanvaar.

Malema is een van die 36 LP’s wat in dié komitee dien.

Pambo het ook in die verklaring gesê die onderwerping van die OB aan ’n uitgerekte proses sal haar kantoor ontneem van die nodige aandag wat dit verdien om kwesbare Suid-Afrikaners te beskerm van wie die meeste nie kan bekostig om die howe vir geregtigheid te nader nie.

“Die EFF is die enige organisasie in die parlement wat teen ’n verslag gestem het wat nou ongrondwetlik verklaar is omdat ons geweet het dat die ANC en DA ’n onheilige alliansie gevorm het om die OB-kantoor te vernietig.

“Ons sal nou aan Modise skryf en eis dat sy nie teen die hooggeregshofuitspraak moet appelleer nie omdat sy geen mandaat of mag het om dit buite parlementêre leiding te doen nie,” het Pambo bygevoeg.

Meer oor:  Adv. Busisiwe Mkhwebane  |  Vuyani Pambo  |  Ob  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.