Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Strenger beheer oor buitelanders nodig – Lekota

Suid-Afrika moet die voorbeeld van talle ander lande volg en buitelanders wat as vlugtelinge na Suid-Afrika kom, in samewerking met die Verenigde Nasies (VN) en ander internasionale organisasies in vlugtelingkampe huisves.

Dit het tyd geword dat die regering strenger beheer oor buitelanders – wat in groot getalle na die land stroom – toepas.

Mosiuoa Lekota, Cope-leier, praat Woensdagoggend op ’n mediakonferensie in Johannesburg. Langs hom sit Jo-Ann Downes, nasionale voorsitter van die ACDP.Foto: Sarel van der Walt

Suid-Afrika moet nie toelaat dat die teenwoordigheid van buitelanders Suid-Afrikaners van geleenthede ontneem nie, sê Mosiuoa Lekota, Cope-leier.

Hy het Woensdag in Rosebank, Johannesburg, op ’n mediakonferensie van die alliansievennote in die land se drie groot metrorade, gesê as ’n koalisieregering aan die bewind sou kom, sal hy nie toelaat dat die huidige situasie voortduur nie.

Lekota sê daar moet op provinsiale en nasionale vlak strenger beheer oor buitelanders wees.

“Neem byvoorbeeld ons stede. Die meeste mense wat in die geboue in die Johannesburgse middestad woon, is buitelanders.

“Ons is nie xenofobies nie, maar geen land wat besorg is oor sy eie burgers sal toelaat dat buitelanders die blyplekke naaste aan werkplekke kry, terwyl die Suid-Afrikaners uitgesluit word nie.

“Hulle (die buitelanders) maak dit moeilik vir Suid-Afrikaners om nader aan die stad te kom waar moontlike werksgeleenthede is,” sê Lekota.

“Buitelanders is welkom hier as hulle vlugtelinge is, maar dan moet hulle in vlugtelingkampe gehuisves word. Die VN moet Suid-Afrika dan bystaan om na dié mense om te sien.

“Dit kan nie net Suid-Afrika se verantwoordelikheid wees nie. Suid-Afrika moet na sy eie mense kyk. Wat die naaste lê, moet die swaarste weeg.

Hoekom is daar so baie regulasies waaraan Suid-Afrikaners moet voldoen, maar dit geld nie buitelanders nie?

“Hoekom gryp ons regering nie in en begin dinge soos baie ander lande (met vlugtelinge) doen nie?” vra Lekota.

Hy sê sakelui in plekke soos Soweto kla hul ondernemings moet sluit omdat daar buitelanders is wat handel dryf sonder om belasting op toegevoegde waarde (BTW) te betaal.

“Daar is baie van hulle wat nie die belasting betaal wat Suid-Afrikaners moet betaal nie.

“Onder ’n koalisieregering sal ons nie so ’n situasie toelaat nie,” sê Lekota.

“Vlugtelinge kan hierheen gebring word, maar hulle moet gehuisves word waar hulle dit nie onmoontlik maak vir Suid-Afrikaners om hul eie ondernemings te hê nie.

“Hoekom is daar so baie regulasies waaraan Suid-Afrikaners moet voldoen, maar dit geld nie buitelanders nie?”

Mmusi Maimane, DA-leier, het gesê dit is belangrik dat die polisiëring by Suid-Afrika se grensposte verbeter word.

Meer oor:  Verenigde Nasies (Vn)  |  Mosiuoa Lekota  |  Cope  |  Politiek  |  Vlugtelinge  |  Buitelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.