Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Struwelinge broei weer oor premierskap in Noordwes

Die ANC-alliansievennote in Noordwes skaar hulle agter Job Mokgoro om as premier aan te bly.

Dit is te midde van hernude struwelinge tussen die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) onder voorsitterskap van Supra Mahumapelo, voormalige premier en die tussentydse struktuur in die provinsie.

Job Mokgoro, premier van Noordwes. Foto: KGOTSO MODISE

Netwerk24 het ’n brief, gedateer 14 Mei, onder oë gehad waarin die SAKP, Cosatu en Sanco sowel as die ANC-veteraneliga in die provinsie die ANC se nasionale ampsdraers vra dat Mokgoro as premier aanbly.

Hulle sê in die brief die aandrang dat ’n vrou die provinsie as premier lei omdat daar in die afgelope 25 jaar nog nie ’n vrouepremier was nie, is ’n poging om verdeeldheid te veroorsaak in ’n provinsie wat begin het om tekens te toon dat daar in die rigting van eenheid en samebinding gewerk word.

“Ons vra daarom dat die nuwe debat oor ’n vrouepremier gesluit word.” Hulle vra ook dat Mokgoro toegelaat word om aan te bly as premier, dat die nuwe kabinet en die nuwe raad van provinsies die verantwoordelik sal neem om die vordering te assesseer van die administrasie waaronder die provinsie geplaas is en dat hul finale gevolgtrekkings aan die belanghebbers en alliansie in die provinsie bekendgemaak word.

Mokgoro (71) het as premier oorgeneem toe Mahumapelo in 2018 uit sy pos verwyder is. Mahumapelo het onder ’n wolk van bewerings van wanbestuur van provinsiale hulpbronne en regeringsmislukkings bedank.

Spanning in die provinsie is vererger deur die voormalige PUK, onder leiding van Mahumapelo, wat geskryf het aan Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, dat lede van die PUK nie voldoende op die party se verkiesingslyste vir die parlement en die provinsiale wetgewer verteenwoordig word nie.

Dit was nadat die nasionale uitvoerende komitee (NUK) beide die voormalige PUK en die provinsiale taakspan opdrag gegee het om in die provinsie saam te werk.

Die PUK vra die ANC ook om te voldoen aan die hooggeregshof-uitspraak en gevolglike nakomingsbevel wat aan die NUK van die ANC opdrag gegee het om die PUK in sy amp te herstel nadat dit in Augustus 2018 deur die party se hoogste besluitnemingsliggaam ontbind is.

Die ANC het teen beide die oorspronklike uitspraak en gevolglike nakomingsbevel geappelleer.

Dakota Legoete, waarnemende nasionale woordvoerder van die ANC, wou nie Donderdag kommentaar lewer nie en het gesê dat hy tuis en nie by die werk is nie.

Die ANC het vroeër die week die name aangekondig van sewe van die agt premiers in die provinsies wat hy regeer, en gesê dat hy die naam van die Noordwes-premier as gevolg van “interne gesprekke” later sal aankondig.

Meer oor:  Job Mokgoro  |  Premierskap  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.