Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Strydrosse van Cosatu by Saftu-kongres
Mbhazima Shilowa, Jay Naidoo en Zwelinzima Vavi, al drie voormalige hoofsekretarisse van Cosatu, en Ronald Mofokeng, voormalige tesourier van Cosatu, by Saftu se stigting. Foto: Felix Dlangamandla

Al drie Cosatu se voormalige hoofsekretarisse was teenwoordig by die nuwe vakverbond, die South African Federation of Trade Unions (Saftu), se eerste kongres, wat Vrydag in Boksburg begin het.

Die vakverbond word dié naweek onder leiding van Zwelinzima Vavi gestig.

Jay Naidoo, Cosatu se eerste hoofsekretaris, en sy opvolger, Mbhazima Shilowa, was albei in die gehoor, en Naidoo was een van die sprekers op die kongres.

Ronald Mofokeng, ’n voormalige tesourier van Cosatu, was ook daar.

Jay Naidoo, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, het sy steun aan Saftu toegesê. Foto: Felix Dlangamandla

Dié federasie, wat reeds as Saftu geregistreer is, gaan Cosatu se regstreekse opponent wees.

Raymond Mnguni, voorsitter van die stuurkomitee, het gesê die gewag is verby en geskiedenis word gemaak met die amptelike totstandkoming van die vakverbond. “Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Voor in die saal het afgevaardigdes bordjies rondgeswaai met die name van vakbonde wat by die federasie aansluit.

Zwelinzima Vavi spreek die gehoor toe op die stigtingskongres van Saftu Vrydag in Boksburg. Foto: Felix Dlangamandla

Die metaalwerkersvakbond Numsa, wat in 2015 uit Cosatu geskors is, en die voedselwerkersvakbond Fawu, wat uit Cosatu bedank het, is die twee grootste vakbonde in die nuwe stal. Volgens die stuurkomitee se verslag het Numsa 340 687 lede en Fawu 124 540. Die 24 vakbonde in Saftu het glo gesamentlik 691 540 lede.

Mbhazima Shilowa by Saftu se kongres. Foto: Felix Dlangamandla

Hoewel Saftu sê hy sal hom nie by enige politieke party skaar nie, het die EFF sy “revolusionêre solidariteit” met hom betuig.

* Mnguni sê Saftu sal die vakverbond Fedusa se eis, dat hy nie dié naam mag gebruik nie, teenstaan.

Dennis George, hoofsekretaris van Fedusa, het Vrydag gesê hulle het ’n prokureursbrief aan Saftu gestuur om te sê hy mag nie die naam South African Federation of Trade Unions gebruik nie, omdat mense dit sal verwar met Fedusa se geregistreerde naam, Federation of Unions of South Africa.

Mnguni sê as die afgevaardigdes nie vir die naam stem nie, sal dit verander word, al is dit reeds geregistreer.

*Hierdie berig is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is.

Meer oor:  Mbhazima Shilowa  |  Jay Naidoo  |  Zwelinzima Vavi  |  Boksburg  |  Cosatu  |  Saftu  |  Gooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.