Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Supra weer hof toe om sy herinstelling op te dwing

Supra Mahumapelo, voormalige voorsitter van die ANC in Noordwes, het Dinsdag probeer om ’n hofbevel te bekom vir die nakoming van ’n vroeëre beslissing deur die hooggeregshof wat die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC se besluit om die provinsiale leierskap te ontbind, omkeer.

Supra Mahumapelo Foto: Argief

Mahumapelo, verteenwoordig deur advv. Dali Mpofu en Tembeka Ngcukaitobi, het ’n dringende aansoek ingedien by die hooggeregshof in Pretoria om die beslissing na te kom hangende die afhandeling van die ANC se aansoek om verlof tot appèl.

Regter Fayeeza Kathree-Setiloane het op 6 Februarie beveel dat die ANC die ontbinde provinsiale uitvoerende komitee (PUK) binne twee dae van die hofbevel herinstel.

Op 8 Februarie het die ANC aansoek om verlof tot appèl gedoen.

Dinsdag se uitspraak is tot Woensdagoggend voorbehou.

Mpofu het vroeër aangevoer dat die ANC die bevel moet nakom omdat die twee dae reeds verby is.

“Toe die hofbevel verlede Woensdag gegee is, het hulle binne 24 uur aansoek om verlof tot appèl gedoen. Hulle het 15 dae gehad om dit te doen, maar hulle het dit binne 24 uur gedoen, so hulle kan nie sê die aansoek en sy implikasies is nie dringend nie,” sê hy.

Adv. Kgomosoane Mathipa het egter namens die ANC gesê ’n bevel vir die uitvoering van die beslissing sal geen praktiese uitwerking hê nie omdat die termyn van Mahumapelo se PUK in elk geval op 14 Februarie eindig.

Die provinsiale taakspan wat intussen in Noordwes waargeneem het, het die mandaat om die ANC in dié provinsie te help om ’n nuwe provinsiale kongres te hou waarop nuwe leiers verkies moet word, sê hy.

Ngcukaitobi het hierop gereageer deur te sê Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, het in Oktober gesê partystrukture, waaronder streke en provinsies, wat nog nie konferensies gehou het nie, sal dit nie kan doen voor ná die algemene verkiesing vanjaar nie. Dit word op 8 Mei gehou.

“Dit is dus duidelik dat ons ’n paar maande oor het om te dien.”

Senior ANC-amptenare het Saterdag agter geslote deure by Luthuli-huis in Johannesburg met Mahumapelo se PUK vergader. Adj.pres. David Mabuza het ook met die strydende faksies in die provinsie vergader in ’n poging om spanning te ontlont.

Meer oor:  Supra Mahumapelo  |  Nuk  |  Politiek  |  Noordwes  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.