Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Swaargewigte pak swaargewigte in Trollip-saak
06 September 2018

Adv. Dali Mpofu en adv. Tembeka Ngcukaitobi gaan volgens inligting wat Netwerk24 bekom het die aanslag teen die DA se hofpoging lei.

Die DA wil die hof nader om die pos van die speaker en burgemeester in die Nelson Mandelabaai-metro terug te kry.

Volgens ’n goed geplaaste bron sal Ngcukaitobi die EFF se verweer aanvoer terwyl Mpofu vir van die ander verweerders sal optree.

Die DA vra die hooggeregshof in Port Elizabeth om dringend sy saak aan te hoor teen die onlangse afsetting van die vorige burgemeester, Athol Trollip, deur die nuutverkose koalisieregering in die metro.

Athol TrollipFoto: Son

Die hooggeregshof sal van die DA se regsverteenwoordigers, wat volgens ’n bron self ook uit swaargewigte bestaan, aanhoor waarom die saak as dringend beskou moet word.

Die nuwe koalisie, bestaande uit die UDM, EFF en ANC het Trollip en Jonathan Lawack, die vorige speaker, in Augustus uit hul poste gestem deur wantrouemosies teen hulle te aanvaar. Daarmee saam is die hele burgemeestersraad dus ongedaan gemaak.

Mongameli Bobani van die UDM, wat ’n stormagtige verhouding met Trollip gehad het, is tot nuwe burgemeester verkies. Bobani is verlede jaar deur Trollip as sy adjunk uit sy pos gewerk.

By ’n mediakonferensie Woensdag waar Nqaba Bhanga, provinsiale leier van die DA, as die party se premierskandidaat vir die komende algemene verkiesings in die 2019 aangewys is, het Mmusi Maimane, DA-leier gesê hy is seker dat sy party uit die hof sal stap as die wenners.

Bhanga het bygevoeg dat Trollip nie sy pos as burgemeester laat vaar het nie en dat hy Dinsdag in Motherwell was waar hy gemeenskappe gehelp het wat erg gebuk gaan onder die swaar neerslae van die afgelope week.

“Trollip bestuur die stad as ’n banneling. Ons is wetsgehoorsame burgers, ons wil nie oor Ironman (die kompetisie wat die naweek in die Baai gehou is) baklei nie, want die mense van die stad is belangriker.

“Die hofdag gaan kom. Ons gaan die saak wen. Ons gaan die staatsgreep ontbloot.”

Mpofu en Ngcukaitobi kon nie vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.