Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Swak diens, maar Ace wil R4 m. gee vir diens-ekspo’
Wouter Wessels, VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer vir die Vrystaat. Foto: Internet

Terwyl dienslewering in die Vrystaat ’n ongeëwenaarde laagtepunt bereik het, beplan Ace Magashule, premier, ’n diensleweringsekspo vir Vrystaatse departemente met geld wat vir dienslewering gebruik kon word, sê Wouter Wessels, VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer.

Hy sê die premier se kantoor het Dinsdag op die vergadering van die provinsiale finansiële komitee aangekondig dat daar R4 miljoen is om die ekspo te finansier. Dit is as deel van die provinsiale aanwasbegroting.

“Inwoners van die Vrystaat gaan volgens die departement van al die distrikte in die provinsie aangery word om na uitstallings te kyk wat gaan wys watter dienste aan hul gelewer word.

“Die ekspo gaan die provinsie se diensleweringsprestasies van die afgelope nege jaar, sedert Magashule se bewind, ten toon stel. Dit is belaglik dat inwoners na Bloemfontein aangery gaan word om ’n tentoonstelling van dienslewering te sien terwyl daar nie dienste gelewer word waar hulle woon nie.

Indien ’n mens die ANC en Magashule se bewind van die afgelope nege jaar beskou, is daar nie veel om uit te stal by sy diensleweringsekspo nie.
Wouter Wessels

“Die premier gaan sukkel om sy regering se suksesse vir inwoners ten toon te stel, aangesien dienslewering sedert sy bewind totaal verval het.

“Waar die R4 miljoen gebruik kon word om vir kritieke dienste aan te wend, vat die premier nou dienste van inwoners weg in ’n poging om sy bewind se beeld by dieselfde inwoners te poets met dienslewering wat nie bestaan het nie.

“Die premier se termyn sal eerder onthou word vir ongekende vlakke van korrupsie, wanbestuur, wanbesteding, agterstallige skuld, lae vlakke van dienste, gerugte van en ondersoek na staatskaping en die een krisis na die ander met betrekking tot gesondheidsorg, water en elektrisiteit in die provinsie.

“Indien ’n mens die ANC en Magashule se bewind van die afgelope nege jaar beskou, is daar nie veel om uit te stal by sy diensleweringsekspo nie,” sê Wessels.

Meer oor:  Wouter Wessels  |  Ace Magashule  |  Vrystaat  |  Politiek  |  Korrupsie  |  Vf Plus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.