Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Te laat vir Zuma om só 'n aansoek te bring’
NKANDLA, SOUTH AFRICA - JULY 01: A group of Jacob
'n Ondersteuner van oudpres. Jacob Zuma wat Donderdag na sy Nkandla-woning opgetrek het. Foto: Gallo Images

Dit is nou te laat vir oudpres. Jacob Zuma om hom tot enige hof te wend om te keer dat hy sy tronkstraf van 15 maande uitdien wat die konstitusionele hof hom opgelê het.

So sê emeritus professor Pieter Labuschagne, regskenner van Unisa.

News24 het Vrydagoggend berig Zuma sal na verwagting Vrydag ’n dringende aansoek bring waarin hy sal vra dat die tronkstraf wat hom opgelê is, herroep word.

Adv. Dali Mpofu SC, Zuma se regsverteenwoordiger, sal waarskynlik ook ’n aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg bring dat die inwerkingstelling van die konstitusionele hof se opdrag om hom in hegtenis te neem, opgeskort word.

Mpofu kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Labuschagne wys daarop dat die konstitusionele hof die hoogste hof in die land is.

Hy sê die konstitusionele hof het juis vroeër vandeesweek in sy uitspraak gesê dié opsie om hom tot die hooggeregshof te wend, het wel bestaan voordat die saak (die Zondo-kommissie van ondersoek se dringende aansoek by die konstitusionele hof om Zuma te dwing om voor hom te verskyn) na die konstitusionele hof verwys is.

“Zuma het dié opsie nie uitgeoefen nie, maar eerder aanvalle op die konstitusionele hof gedoen. Dit is nou te laat om die konstitusionele hof se beslissing tersyde te stel,” meen Labuschagne.

Prof. Elmien du Plessis, ook ’n Grondwet-kenner van die Noordwes-Universiteit, sê Zuma kan probeer, “maar hy sal nie suksesvol wees nie”.

Nkandla
Daar het Vrydagoggend ’n rustige atmosfeer buite Zuma se Nkandla-woning geheers. MK-veterane hou steeds wag voor die hoofingang. Foto: Mlungisi Louw

Meer oor:  Demokrasie  |  Zuma-Vonnis  |  Partypolitiek  |  Politiek  |  Korrupsie  |  Koalisie  |  Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.