Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Tesourie laat boere wat ly onder droogte in steek’

Die DA-beheerde Wes-Kaapse regering sê die omvang van die langdurige droogte en die ramp wat hom nou in die provinsie se landbougemeenskap afspeel, is enorm.

Van die boere in die Wes-Kaap gaan steeds onder geweldige droogte gebuk. Foto: Die Burger

Die DA het die nasionale minister van finansies, Tito Mboweni, uitgetrap omdat hy tot dusver die nood van landbou in die Wes-Kaap ignoreer deur nie op versoeke aan die regering vir bystand te reageer nie.

Ivan Meyer, provinsiale LUR vir landbou, het bevestig sy kantoor het sowat twee maande gelede ’n versoek aan sy nasionale eweknie gerig vir R147 miljoen van die nasionale tesourie vir bykomende droogtehulp.

Tot dusver het die regering egter nog glad nie hierop geantwoord nie.

Die Wes-Kaap het reeds R50 miljoen uit sy begroting vir droogtehulp aan boere beskikbaar gestel. Alhoewel die geld onmiddellike verligting vir boere sal gee, is die Wes-Kaap se Sentrale-Karoo-streek steeds platgeslaan deur die droogte wat onverpoos voortduur.

Die bykomende R147 miljoen van die nasionale tesourie vir verdere droogtehulp is dringend nodig.

“Tot op hede het die nasionale minister versuim om te reageer. Voorts het minister Mboweni ook versuim om die verlammende droogte in sy beleidsverklaring oor die uitgawes vir mediumtermyn-uitgawes te bespreek,” het Andricus van der Westhuizen, DA-LP, gesê.

“Duisende werkgeleenthede is weens die droogte verlore en ons kan nie verdere verliese bekostig nie,” sê Van der Westhuizen.

Hy het ’n beroep op Mboweni gedoen om so gou moontlik te reageer op Meyer se versoek vir verdere nasionale droogtehulp.

Meer oor:  Ivan Meyer  |  Tito Mboweni  |  Droogte  |  Boere  |  Landbou  |  Tesourie  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.