Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Thabo Mbeki ‘bekommerd oor ANC’

Oudpres. Thabo Mbeki het sy kommer oor die ANC uitgespreek nadat verskeie lede van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gesê het hulle glo die party is op die rand van ineenstorting.

Oudpres. Thabo Mbeki Foto: Argief

Volgens ’n bron met binnekennis het Mbeki op die aanlyn NUK-vergadering die naweek gesê die situasie moet dringend aandag geniet.

In ’n opname van die vergadering wat uitgelek het, kan gehoor word hoe Mbeki ’n ander NUK-lid se kommer opsom. Dié lid het vir ’n beraad gevra om te praat oor die vraag of daar nog ’n organisasie genaamd die ANC bestaan.

Die oudpresident het ook genoem dat Bathabile Dlamini en Meokgo Matuba, onderskeidelik die leier en sekretaris-generaal van die ANC-vroueliga, namens die liga gesê het die “beweging is op die punt om ineen te stort”.

In ’n opname van die vorige dag het Stan Mathabatha, premier van Limpopo, ’n soortgelyke voorstel oor ’n beraad gedoen.

Daar was ook kommer oor die manier waarop die virtuele NUK-vergadering voortgaan.

Ace Magashule, die party se geskorste sekretaris-generaal, het Saterdag probeer om die vergadering by te woon, maar is ná ’n uur uitgeskop. Adv. Bongani Bongi, wat ook deur korrupsie-aanklagte in die gesig gestaar word, is glo ook uitgeskop.

Magashule het verlede week met Mbeki vergader nadat die NUK hom op ’n vorige vergadering in Maart gevra het om met vorige leiers van die party te konsulteer voordat hy opsy staan.

Magashule wou egter nie opsy staan nie, wat die ANC genoop het om hom te skors.

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen erken dat die krisis in die party ’n verleentheid is. Hy het dit betreur dat senior amptenare nie onberispelik optree nie.

Die vergadering duur voort.

Meer oor:  Bathabile Dlamini  |  Ace Magashule  |  Cyril Ramaphosa  |  Thabo Mbeki  |  Politiek  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.