Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Thales vra verlof tot appèl in Zuma-saak

Die Franse wapenvervaardiger Thales, wat saam met oudpres. Jacob Zuma van korrupsie aangekla word, het aansoek om verlof tot appèl gevra nadat die hooggeregshof hom nie permanent van vervolging wou vryskeld nie.

Oudpres. Jacob Zuma met ’n vorige verskyning in die hooggeregshof in verband met ’n korrupsiesaak teen hom en die maatskappy Thales. Foto: Felix Dlangamandla

Thales het Dinsdag in ’n verklaring gesê hy wil appelleer teen die uitspraak wat die hooggeregshof in Pietermaritzburg op 11 Oktober gelewer het dat die verhoor teen Zuma moet voortgaan.

Zuma het Vrydag aangedui dat hy ook verlof om appèl gaan vra in die konstitusionele hof teen die hooggeregshofuitspraak.

Zuma word daarvan aangekla dat hy omgekoop is tydens die wapentransaksies wat in die 1990’s met vyf Europese maatskappye beklink is. Een van die maatskappye was die Franse maatskappy Thales.

Thales word daarvan beskuldig dat hy Zuma omgekoop het.

Zuma het na bewering omkoopgeld van R4 miljoen ontvang terwyl hy adjunkpresident was in ’n wapentransaksie ter waarde van R51 miljard.

Zuma en Thales het die aanklagte ontken.

Albei sake is uitgestel tot 22 November wanneer die hooggeregshof sal besluit of Thales en Zuma se aansoeke om verlof tot appèl toegestaan word.

Meer oor:  Thales  |  Oudpres. Jacob Zuma  |  Hof  |  Verlof Tot Appèl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.