Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Tito tree in bres vir Motsepe oor Trump-uitlating

Tito Mboweni, minister van finansies, het Vrydagoggend op ’n mediakonferensie by Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, in die bres getree vir die mynmagnaat Patrice Motsepe.

Dit was nadat ’n storm om Motsepe se kop losgebars het toe hy in ’n video wat op Twitter versprei word, vir pres. Donald Trump van Amerika lof toegeswaai het.

Motsepe het onder meer aan die Amerikaanse president gesê: “Afrika is lief vir Amerika en Afrika is lief vir u.”

Mboweni is op die mediakonferensie hieroor uitgevra.

“Hy (Motsepe) het binne sy reg opgetree. Dit is sy reg om sy mening uit te spreek,” sê Mboweni.

“Hy was nie so arrogant om te sê hy praat namens Suid-Afrika nie. Dit was in ’n private gesprek en mense moet hom uitlos.”

Motsepe, mede-eienaar van die Blou Bulle en die swaer van pres. Cyril Ramaphosa, het Donderdag op ’n onthaal in Davos naby Trump gesit.

Nadat hy gesê het Suid-Afrika is lief vir Amerika en vir Trump, het hy gesê: “Dit is baie belangrik, want ons wil hê Amerika moet goed vaar en ons wil hê u moet goed vaar. Die sukses van Amerika is die sukses van die res van die wêreld.”

Trump het geantwoord: “Baie dankie.”

Die Suid-Afrikaanse magnaat het aan Trump gesê sy maatskappy is betrokke by mynbou, finansiële dienste en eiendom. Trump het opgestaan en Motsepe, wat ook die eienaar van die sokkerspan Mamelodi Sundowns is, se hand geskud.

Motsepe se swartbemagtigingsgroep African Rainbow Capital (ARC) het vroeër vandeesweek aangekondig hy wil ’n groot belang in die finansiëledienstemaatskappy Alexander Forbes vir nagenoeg R1 miljard koop.

Baie mense het ná die Twitter-video kritiek op Motsepe se uitlatings gelewer, hoewel andere weer vir hom geskerm het.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Davos  |  Pres. Donald Trump  |  Patrice Motsepe  |  Twitter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.