Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
'Tree dringend op teen BLF-leier'

Die haatspraak deur die leier van die Black First Land First- (BLF) party moet dringend aandag kry, sê Louis Meintjes, president van TLU SA.

Meintjes het Dinsdag verwys na vroeëre uitlatings van Andile Mngxitama, BLF-leier, waarin hy sy volgelinge aangehits het om wit mense te vermoor.

“Die saak kan nie net so gelos word nie,” sê Meintjes.

Andile Mngxitama, leier van die BLF. Foto: Wikus de Wet

TLU SA het Dinsdag ’n memorandum aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oorhandig by sy hoofkantoor in Pretoria.

Die organisasie vra die NVG moet dringend sê of hy Mngxitama gaan vervolg of nie.

Dit volg nadat TLU SA op 11 Desember verlede jaar ’n klag van haatspraak teen Mngxitama by die polisie ingedien het.

Mngxitama het die vorige dag in Potchefstroom, Noordwes, op ’n openbare byeenkoms voor ’n groot skare sy volgelinge aangemoedig om vyf wit mense dood te maak vir elke swart mens wat doodgemaak word.

Mngxitama het ook verder gedreig dat hy wit kinders, vroue en “alles wat in ons pad kom” sal doodmaak.

Meintjes sê die NVG het nie ag geslaan op enige van TLU SA se vorige skrywes oor die aangeleentheid nie.

“Ons soek uitsluitsel oor of Mngxitama wel vervolg gaan word,” sê Meintjes.

Die NVG het Dinsdag belowe om binne sewe dae op TLU SA se oproep te reageer.

Volgens Meintjes sal TLU SA dit oorweeg om Mngxitama privaat te vervolg indien die NVG daarteen besluit.

“Ons sal teen volgende week weet wat die NVG besluit het,” sê Meintjes.

Meer oor:  Louis Meintjes  |  Potchefstroom  |  Politiek  |  Tlu Sa  |  Haatspraak  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.