Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Tot 7 000 verwag by UDM-saamtrek

Die UDM verwag om minstens 7 000 ondersteuners Saterdag te sien by die bekendstelling van dié party se verkiesingsmanifes.

Volgens Bongani Maqungwana, adjunk-sekretaris-generaal van die UDM, het hulle op die Oos-Kaap en spesifiek Port Elizabeth vir die geleentheid besluit om die inwoners vir hul ondersteuning te bedank.

“Die UDM het oor die land heen saamtrekke gehou, maar ons het nog nie ’n groot byeenkoms hier (in Port Elizabeth) gehou nie en ons het gevoel dit is nou tyd,” het Maqungwana gesê.

Bongani Maqungwana, adjunk-sekretaris-generaal van die UDM. Foto: Lulama Zenzile

Hy sê die party is veral bly om te sien hoe hul ondersteuning in die Nelson Mandelabaai-metro groei.

“Voorheen het ons net een raadslid hier gehad en ná die laaste munisipale verkiesing het ons nou twee raadslede, waarvan die een die burgemeester is.”

Mongameli Bobani, Nelson Mandelabaai-metro se burgemeester en adjunkvoorsitter van die UDM in die Oos-Kaap, was voorheen die adjunkburgemeester van Athol Trollip se DA-koalisie in die stad.

Bobani is later uit sy amp gestem toe hy teen die DA-koalisie se koukus-besluite gestem het.

Trollip is egter in Augustus met ’n mosie van wantroue uit sy amp as burgemeester verwyder toe Victor Manyati, ’n DA-raadslid, tydens die mosie buite stemming gebly het.

Bobani is kort daarna as burgemeester verkies en het ’n koalisie met die ANC, AIC en UF gevorm.

Mncedisi Filtane, UDM-LP, het Saterdag gesê die UDM wil ook die dag gebruik om Bobani in sy amp as burgemeester te vier, wat vir die mense wys hou die UDM lei.

“Sedert ons die burgemeesterskap oorgeneem het, was daar nog nie sulke onstuimighede in die stad soos toe die DA in beheer was nie.

“Hier is ook baie potensiaal vir ons, aangesien hier nie veel ontwikkeling is nie. Dit maak die plek baie aanloklik vir ons, aangesien ons vir die mense kan belowe: As julle vir die UDM stem, sal ons jul lewensomstandighede verbeter.”

Ondersteuners Saterdag in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Hy sê ondersteuners kan Saterdag verwag om van Bantu Holomisa, UDM-leier, te hoor hoe hul lewe sal verbeter, met beter dienslewering en lewensomstandighede wat waardigheid aan mense gee, as dié party in beheer is.

Die Isaac Wolfson-stadion in KwaZakhele se hoofpaviljoen was om 12:00 volgepak. Na verwagting sal Holomisa omstreeks 13:00 sy toespraak lewer.

Meer oor:  Mongameli Bobani  |  Bantu Holomisa  |  Verkiesingsmanifes  |  Udm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.