Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Transform SA, Guptas ‘beoog interdik teen Zuma-mosie’
Die private speurder Paul O’Sullivan. Foto: Deaan Vivier

Die private speurder Paul O’Sullivan beweer hy het dit op goeie gesag dat ’n Gupta-gefinansierde groep Woensdagaand ’n dringende interdik teen ’n moontlike mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma sal indien.

O’Sullivan wou nie uitwei oor waar hy sy inligting kry nie, maar sê hy het dit by ’n “onberispelike bron” gehoor.

“Soos ek verstaan is dit nie Zuma self wat om die interdik aansoek doen nie, maar ’n groep genaamd Transform SA wat bande met die Gupta-familie het,” sê O’Sullivan.

O’Sullivan sê die aansoek sal vermoedelik laat Woensdagaand by die hooggeregshof in Pretoria ingedien word.

“Ek verwag glad nie dat hulle suksesvol sal wees nie, aangesien daar geen presedent daarvoor in die reg is nie,” sê O’Sullivan.

Transform SA kon nie Woensdag vir kommentaar oor O’Sullivan se bewerings bereik word nie. Dr. Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het nie op oproepe of boodskappe gereageer nie.

Zuma, wat Suid-Afrika dae lank aan ’n lyntjie hou oor ’n moontlike bedanking, het Woensdag aan die SAUK gesê hy stem nie saam met die ANC se besluit dat hy moet bedank nie.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het dit egter benadruk dat die party se besluit om Zuma te herroep nie onderhandelbaar is nie.

Mabe sê lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) is reeds na die onderskeie provinsies en streke ontplooi om die boodskap dat die president herroep word aan hulle oor te dra.

Die ANC wil teen Donderdagmiddag ’n nuwe president vir die land verkies.

Die nasionale vergadering benodig die steun van minstens twee derdes van sy lede om Zuma van sy amp te onthef.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Guptas  |  Transform Sa  |  Zuma-Mosie  |  Interdik  |  Mosie Van Wantroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.