Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Transformasie by Maties in kalklig in parlement
Connie SeptemberFoto: GCIS

Die parlement kan nou transformasie en die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) dryf sodat dit die demografie van dié instelling kan weerspieël.

Dít nadat verskeie verslae oor sowel hoër onderrig en opleiding (HOO) as dié van ’n vroeëre oorsigbesoek aan die instelling deur die portefeuljekomitee oor HOO, Donderdagmiddag deur die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar is.

Die NV het met dié aanvaarding van verslae ook gehoor hoe die departement van HOO se benarde finansiële posisie ’n donker prentjie vir die HOO-sektor skets.

Connie September, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor HOO, het gesê die ANC steun die verslae omdat dit die parlement nou in staat kan stel om belangrike besluite oor die sektor te kan neem.

Oor die verslag oor die oorsigbesoek aan die US het September gesê die aanvaarding van die verslag sal die parlement nou toelaat om te verseker dat transformasie by die US gebeur.

“Dit sal verseker dat die personeelkomponent asook die behuisingsuitbreidings by die instelling ook voortaan die demografie van die US weerspieël.

“Dit sal ook verseker dat die belangrike dialoog oor die taalbeleid, soos ons aanbeveel in die verslag, aangespreek kan word.”

Volgens September sal die verslae ook die parlement help om aanbevelings oor die hersiening van die formules vir TVET-kolleges in die Wes-Kaap te implementeer.

“Dit sal ook oop kommunikasie vir studente moontlik maak.

“Wat ook belangrik is, is dat dit die parlement in staat sal stel om die situasie by universiteite te kan normaliseer.”

Dit sal verseker dat die personeelkomponent asook die behuisingsuitbreidings by die instelling ook voortaan die demografie van die US weerspieël.

Ahmed Shaik Emam, NFP-LP, het gesê dit is ná die oorsigbesoek aan die US, “ook kommerwekkend dat 78% van akademiese personeel daar nog wit is”.

“Die meerderheid senior posisies daar word ook deur wit mense beklee. Die NFP doen ’n beroep dat die US ook sy taalbeleid prioritiseer,” het Shaik Emam gesê.

Intussen het prof. Belinda Bozzoli, DA-LP en woordvoerder oor HOO, gesê die DA steun die verslae, hoewel dit die ontstellende probleme in die departement self reflekteer.

Bozzoli het gesê hoewel studentefinansiering tans die middelpunt van aandag is en almal oplossings daarvoor soek, word alles anders in die departement ook onderbefonds.

Sy is oortuig dat die tussentydse verslag van die kommissie wat studentegelde moet ondersoek en wat die presidensie Woensdag bekend gestel het, nie ware oplossings daarvoor sal bied nie.

Volgens Bozzoli moes die departement byvoorbeeld die afgelope jare ook 30 000 bykomende personeel van TVET-kolleges by provinsies oorneem, sonder bykomende begrotings daarvoor.

Verder kan groot ontwikkelings by universiteite, sowel as die gemeenskapsopleidingsinisiatief, nie voortgaan nie weens ’n gebrek aan geld.

Bozzoli het gesê hierdie geldtekort in die departement skets ’n donker prentjie vir die sektor se toekoms.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.