Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Transformasie in sport: ‘Daar is nog baie werk’
Tokozile Xasa, minister van sport en ontspanning. Foto: Daily Sun

Transformasie in sport vind wel plaas in die verskillende sportsoorte in die land, maar baie meer moet gedoen word om sport ten volle te transformeer, sê Tokozile Xasa, minister van sport en ontspanning.

Lees ookSaru slaag transformasietoets

Sy het Maandagoggend gepraat nadat die vyfde verslag van die Eminent Persons Group (EPG) oor transformasie in sport aan haar oorhandig is.

Xasa sê uit dié jongste verslag blyk dit dat transformasieteikens in sport wel bereik word, “maar ons het realistiese teikens nodig om ons in staat te stel om werklik te kan sê dat ons in die regte rigting beweeg”.

Sy het bygevoeg ingryping in sommige sportkodes is nodig.

“Dit gaan nie net oor transformasie-getalle nie, maar ook oor ons verbintenis tot nasiebou en maatskaplike samehorigheid.”

Xasa het bygevoeg strafmaatreëls is nodig vir van die sportkodes wat nie wil transformeer nie.

“Transformasie in Suid-Afrika is ’n moet. Dit moet ons neem waar ons wil wees.”

Meer oor:  Tokozile Xasa  |  Transformasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.