Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Transformasie: Nóú is atletiek in sop

Suid-Afrikaanse atletiek, wat aan die wêreld supersterre soos Caster Semenya en Wayde van Niekerk gelewer het, is in die moeilikheid by die regering omdat hy te stadig transformeer.

Caster Semenya / Foto: Getty Images

Dit gaan egter nie net oor die getal swart atlete wat aan die sportsoort deelneem nie, maar byvoorbeeld ook oor die transformasie van die beamptes en raadslede, hoeveel vroue by die bepaalde sportsoort betrokke is, en hoe goed die sportsoort bestuur word.

Tokozile Xasa, minister van sport, het Dinsdagoggend op 'n nuuskonferensie, waar sy die verslag ontvang het van die groep van gesiene mense wat die huidige stand van transformasie ondersoek het, gesê rugby, krieket, sokker en netbal het wel hul doelwitte bereik.

Die minister het gesê Atletiek Suid-Afrika (ASA) sal aan haar en haar departent kom verduidelik hoekom hy nie sy doelwitte bereik het nie.

Nege van die 19 sportfederasies wat deel van die ondersoek was, het 50% of meer van hul doelwitte bereik.

Meer inligting volg later.

transformasie
‘n Plakkaat by die mediakonferensie waar die groep van gesiene mense hul verslag oor die transformasie van Suid-Afrikaanse sport bekend gestel het. Foto: Sarel van der Walt

Meer oor:  Wayde Van Niekerk  |  Caster Semenya  |  Atletiek  |  Transformasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.