Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Treinbrande ‘ekonomiese sabotasie’

Nóg Kaapse treintrokke is Saterdag in ’n brand verwoes, wat die vraag oor wie verantwoordelik is, nog dringender maak.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling in die Kaapse stadsraad, sê die toenemende aantal voorvalle van brandstigting waarin treintrokke uitgebrand word, is beslis nie onverwant nie.

Die jongste voorval van treintrokke wat by die Kaapstadse stasie aan die brand gesteek is.Foto: Kaapstad-brandweer

Daarvoor is dit net te goed beplan.

Die vernietiging is uitermatig. Net die skade aan die twee treine wat verlede week gebrand is, beloop R50 miljoen.

Herron sê hy wens hy het geweet wat die antwoord is op die vrae oor wie die treine aan die brand steek en wat die motief is daarvoor.

Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het Saterdag gesê teen 17:40 was daar 19 lede van die brandweer en drie brandweerwaens op die toneel.

Dít vier dae nadat twee perronne wat Maandag deur ’n brand beskadig is, herstel is.

Layne sê brandstigting word vermoed. Die aktivis Zackie Achmat het sy kommer op Twitter uitgespreek en na die brandstigting verwys as ekonomiese sabotasie.

“Dis tyd vir massa-aksie en die regering om die sindikate te vind. Verklaar nou ’n noodtoestand vir die treindienste,” het Achmat getwiet.

Vrydag is berig dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, het gesê daar gaan met regrukoptrede begin word om treindienste te verbeter.

Nzimande het saam met Herron en Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, Metrorail se depot in Soutrivier besoek om die skade aan twee treine te besigtig wat verlede week by die Kaapstad- en die Retreat-stasie in brande verwoes is.

Ses treine is reeds vanjaar met brandstigting geteiken.

Meer oor:  Brett Herron  |  Kaapstad  |  Brand  |  Metrorail
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.