Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Trollip bult spiere voor DA-voorsitterstryd
Athol Trollip, een van die kandidate vir die pos van voorsitter van die DA se federale raad. Foto: Cara-Lee Dorfling

Athol Trollip, een van die kandidate vir die pos as voorsitter van die DA se federale raad, het op die vooraand van die raadsvergadering gesê tot die stemproses sluit, doen hy alles in sy vermoë om die verkiesing te wen.

Die nuwe voorsitter word Sondag op die party se federale raadsvergadering in Bruma, Johannesburg, verkies.

Dié verkiesing en die voorafgaande raadsvergadering word beskou as een van die belangrikste tot nog toe in die party se geskiedenis.

Hoewel daar vier kandidate is wat meeding om James Selfe op te volg, blyk Trollip (die huidige DA-voorsitter) en die voormalige leier van die DA, Helen Zille, die gunstelinge te wees.

Trollip het Saterdag gesê hy voel hy het genoeg gedoen om afgevaardigdes te oortuig om hom te steun om dié kritieke posisie te vul.

“Ek aanvaar nooit enigeen se ondersteuning as vanselfsprekend nie, so ek gaan alles moontlik doen om die verkiesing te wen voordat die stemproses sluit.

Ek aanvaar nooit enigeen se ondersteuning as vanselfsprekend nie, so ek gaan alles moontlik doen om die verkiesing te wen voordat die stemproses sluit.

“Ek is oortuig daarvan dat die DA ná die naweek sterker gaan wees, en met eenstemmigheid teenoor ons doel.”

Trollip het by ’n vorige geleentheid gesê sou hy wen, gaan hy seker maak dat die DA sy waardes behou.

Hy wil die party verenig en seker maak die DA praat uit een mond wanneer hy sy boodskap uitdra, sodat kiesers nie verward is oor wat die party hulle bied nie.

Op die vraag oor of Trollip met die gekose kandidaat sal saamwerk indien hy nie wen nie, sy hy: “Sonder enige twyfel, ek is ’n demokraat.”

Die verkiesing word Saterdag voorafgegaan deur ’n bespreking van die verslag van ’n hersieningspaneel wat ondersoek ingestel het na die DA se swak vertoning in die algemene verkiesing in Mei.

Die twee ander kandidate is Mike Waters, adjunkvoorsitter van die federale uitvoerende komitee, en Thomas Walters, adjunkvoorsitter van die federale raad.

Meer oor:  Da-Voorsitterstryd  |  Athol Trollip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.