Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Trump met sy lang hare moet ons uitlos, sê boere

Boere het hulle sterk uitgespreek teen pres. Donald Trump van Amerika op Landbouweekblad en Agri SA se beraad verlede week buite Bela-Bela in Limpopo.

Die grondkwessie in Suid-Afrika trek aandag in die buiteland en die beraad is deur joernaliste van internasionale nuusagentskappe soos AFP bygewoon.

Pres. Donald Trump van Amerika se twiet Woensdagaand (Amerikaanse tyd) oor grondhervorming en plaasmoorde het die buitelandse media nog iets gegee om boere en kongresgangers oor uit te vra.

Die mense mense met wie AFP se joernalis gepraat het, het een boodskap gehad: Trump moet hom liefs by sy eie sake bepaal.

Hier is van die kommentaar:

  • “Die mense was woedend oor wat Trump gesê het, en ek dink hulle is steeds. Hy’s ’n buitestander en weet niks van boer nie. Ek dink regtig Donald Trump moet sy lang hare vat en ons mense uitlos.” – Preline Swart (37), ’n boer van die Wes-Kaap.
  • “Die adjunkpresident het boere die versekering gegee dat die regering niks roekeloos gaan doen nie. Hoewel ek swart is, is ek as boer baie bekommerd oor grondonteiening. Hoe gouer ons formele duidelikheid kry oor hoe dit gaan werk, hoe beter.” – Tshilidzi Matshidzula (30), ’n melkboer van die Oos-Kaap
  • “Ek is bekommerd oor politici en die politiek in die land as hulle grondhervorming nie reg hanteer nie. Ons is nie lief vir Donald Trump of sy uitgesprokenheid nie.” – André Smith (49) neuteboer van die Noord-Kaap.
  • “Donald Trump is hardkoppig met ’n vinnige humeur. Dit is nie die eerste keer nie! Ek het niks teen hom nie, maar hy moet eers seker maak dit is die amptelike posisie.” – Whiskey Kgabo, wat al 30 jaar met mango’s boer op ’n 888-hektaar plaas wat hy in Limpopo huur.
  • Ek is nie ’n Trump-aanhanger nie. Daar is baie in Amerika aan die gang en daar is baie in Suid-Afrika aan die gang. Laat Donald Trump sy ding doen en ons sal ons ding doen.” – Riedewaan Marcus (24), boer van die Wes-Kaap.

Meer oor:  Afp  |  Landbouweekblad  |  Donald Trump  |  Grondkwessie  |  Wêreld  |  Grondberaad  |  Politiek  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.