Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Twiets oor kleindogter laaste strooi vir Zille

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad en voormalige premier van die Wes-Kaap, het Maandag uit die bloute aangekondig dat sy haar Twitter-rekening gaan sluit.

Zille, wat sedert 2009 op Twitter is, sê in ’n verklaring dit kom ná die “groteske behandeling” van haar "kleindogter" Sondag op Twitter.

Twitter-verbruikers het onder meer getwiet dat Zille haar swart kleindogter misbruik vir politiek, dat hulle voel jammer vir die kind en ander wou weet of Zille haar van kleins af leer om ’n slaaf te wees.

Die twiets het ingesluit:

* “Ek voel jammer vir hierdie kind . . . die mentacide waaraan sy sal ly!”

* “Iemand moet hierdie ongelooflike meisie uit hierdie projek-lokval red. Ons weet daar is niks opreg hier nie. Dit is net om goedkoop politieke punte te kry.”

* “Madame Helen sit met ’n sweep en beveel die arme meisie rond soos wat Helen se Kaukasiese oupa gedoen het.”

Zille se reaksie was om dié rekening te sluit.

“Ek sê totsiens aan sommige van my volgelinge en dankie tog dat ek nou ontslae is van die haters, bots en koushandpoppe wat so ’n groot persentasie van my 1,4 miljoen-plus volgelinge uitmaak.”

Die voormalige DA-leier sê sy sal ’n ander rekening open met die naam @ZilleTweets. Dit sal ’n private rekening wees en “slegs vir mense wat in rasionele debat belang stel”.

“Twitter het ontaard in ’n platform vir irrasionaliteit en boendoegeregtigheid. Alles wat verdraai en gedraai kan word in ’n haatgevulde agenda, word gebruik om verontwaardiging te skep en maksimum skade aan te rig,” het sy getwiet.

Zille sê sy het “lank probeer om Twitter as platform vir rasionele en beskaafde debat te bevorder, maar dit is ooglopend nie moontlik nie”.

“Dit het ontaard in ’n ruimte van verdraaiing, om dinge uit konteks te haal, demonisering, verdagmaking en dubbele standaarde.”

Natuurlik sal ek net weet of iemand belang stel in rasionele debat as ek hulle persoonlik ken, of deur Twitter-interaksies uit die verlede.

Zille voeg by in plaas daarvan om debat te demokratiseer, perk dit vryheid van spraak en bespreking ernstig in.

“Dit spoor jou vyande aan en maak vriende stil. Dit is ’n ruimte waar die beste ’n gebrek aan oortuiging het en die slegste vol geesdrif is, soos Yeats dit so gepas gestel het.”

Zille sê al wat sy van Twitter sal mis as sy die platform 100% verlaat, is die inskrywings van die rasionele en interessante mense wat sy volg.

“Dus sal ek ’n nuwe, private rekening open vir mense wat belang stel in ’n rasionele debat. Natuurlik sal ek net weet of iemand belang stel in rasionele debat as ek hulle persoonlik ken of deur Twitter-interaksies uit die verlede. Dit beteken dat ek baie mense wat in ’n rasionele debat belang stel, sal verwerp omdat ek hulle nie ken nie.”

Sy vra om verskoning daarvoor.

“Maar hierdie bose platform, wat nie daarin kan slaag om ’n doeltreffende manier te vind om vals rekeninge te filtreer en om haatspraak te hanteer nie (soos grondwetlik gedefinieer), bied geen alternatief nie. Laat dit met jou goed gaan as jy goed bedoel. Ek maak spore.”

Zille het by navraag aan Netwerk24 gesê: “Ek is heeltemal gewalg oor die behandeling wat my wonderlike kleinkind ontvang het. Dit is reeds baie moeilik om dinge te vat soos dit is.”

Meer oor:  Helen Zille  |  Twiets  |  Sluit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.