Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Tyd ná pandemie ‘kans vir nuwe strukture’

Die tydperk ná Covid-19 moet gesien word as ’n geleentheid om die ekonomie te herstruktureer, sê dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Sy het Dinsdag op ’n aanlyn sitting van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gepraat waarop sy gevra is oor haar uitlating in April dat daar ’n “klasse-selfdood” in Suid-Afrika moet plaasvind om strukturele veranderings teweeg te bring.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering.

George Michalakis, DA-LP, wou by Dlamini-Zuma weet of sy werklik dink die pandemie is ’n goeie tyd om ’n “Marxistiese agenda” te dryf. Hy het Dlamini-Zuma kort daarna getakel omdat sy volgens hom nie sy vraag volledig beantwoord het nie.

Sylvia Lucas, adjunkvoorsitter van die NRP, en verskeie LP’s het Michalakis se vraag as ’n politieke stelling afgemaak omdat hy onder meer by Dlamini-Zuma wou onder “watter klas” die selfdood moet plaasvind.

Dlamini-Zuma het wel gesê post-Covid-19 is ’n geleentheid om die “herset-knoppie te druk”.

“Ons kan nie ’n goeie krisis mors nie. Ons praat hier van elke distrik wat ’n aktiewe ekonomie moet hê. Die de-sentralisering van die ekonomie, die verbreding van die eienaarskap van die ekonomie en die transformasie van die struktuur van die ekonomie moet plaasvind.”

In die proses moet baie van die gebreke in onder meer infrastruktuur, die landbou en vervoer wat tydens die pandemie blootgelê is, gepak word, sê Dlamini-Zuma. Volgens haar moet daar ook spesifiek gekyk word na vroue en die jeug se aandeel in die ekonomie.

Pres. Cyril Ramaphosa het in April aangekondig dat die regering ’n proses van radikale ekonomiese transformasie as deel van die heropboufase van Covid-19 sal aanpak. Dis egter onduidelik presies wat hy hiermee bedoel.

Hy het wel gesê dat dit makliker moet word om sake te doen en dat elke township ’n lewende ekonomie moet hê.

As ’n mens kyk waar die meeste infeksies is, is dit in die ekonomiese sentrums.

Dlamini-Zuma het Dinsdag ook oor die kwessie van beweging tussen provinsies gepraat, wat in die algemeen ingevolge rampbestuursregulasies verbied word.

“As ’n mens kyk waar die meeste infeksies is, is dit in die ekonomiese sentrums. As interprovinsiale beweging vir almal toegelaat word, sal die virus baie vinniger na provinsies versprei waar daar min infeksies is.”

Sy sê daar kan steeds net vir begrafnisse, sake en noodsaaklike dienste tussen provinsies gereis word.

“Dit is nie lekker om interprovinsiale reise te beperk nie, maar ek dink ons het in die stadium geen ander keuse nie.”

Meer oor:  Nkosazana Dlamini-Zuma  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.