Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
UDM stel manifes bekend

Bantu Holomisa, leier van die UDM, is Saterdag in Port Elizabeth in die Oos-Kaap om sy party se verkiesingsmanifes bekend te stel.

Ondersteuners het al vroegoggend by die Isaac Wolfson-stadion in KwaZakhele opgedaag om na Holomisa te luister.

Omstreeks 10:00 was die stadion sowat kwart volgepak met mense.

Buite die stadion is talle smouse besig om UDM-regalieë aan mense te verkoop.

Terwyl die mense in die stadion wag vir die program om te begin, het hulle liedjies gesing, hande geklap en fluitjies geblaas.

Na verwagting sal Mongameli Bobani, Nelson Mandelabaai-metro se burgemeester en adjunkvoorsitter van die UDM in die Oos-Kaap, ook ’n toespraak lewer voor Holomisa praat.

Mense begin die stadion al van vroegoggend volpak. Foto: Lulama Zenzile

Meer oor:  Mongameli Bobani  |  Bantu Holomisa  |  Udm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.