Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
UITGELEK: Mbeki braak gal oor grondbeleid in dokument

Die Thabo Mbeki-stigting het bevestig dat ’n dokument van 30 bladsye wat uitgelek het en waarin oudpres. Thabo Mbeki uitvaar teenoor die ANC se grondbeleid, wel deur Mbeki self geskryf is.

Oudpres. Thabo Mbeki.

Mbeki sê daarin die gronddebat het in ’n wit-swart-kwessie ontaard wat teenstrydig is met die aard en karakter van die ANC.

Siyabulela Gebe van die stigting het bevestig dit is deur Mbeki geskryf.

“Ek kan bevestig dat dit ’n interne besprekingsdokument van die Thabo Mbeki-stigting is. Dit was nie bedoel om openbaar gemaak te word nie,” het hy gesê.

Mbeki beskuldig oudpres. Jacob Zuma daarvan dat hy die karakter van die ANC na dié van ’n “swart party” verander het.

“Dit mag wees dat baie in die ANC nie (tydens sy bewind) verstaan het dat wat Zuma probeer bevorder het inderdaad ’n fundamentele herdefiniëring van die ANC en sy historiese missie is nie,” skryf Mbeki.

Meer oor:  Thabo Mbeki  |  Grond  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.