Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
UK-akademici dien op Cyril se ekonomiese adviesraad

Twee akademici van die Universiteit van Kaapstad (UK) is verkies tot die presidensiële ekonomiese adviesraad (PEAC).

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Rapport

Prof. Alan Hirsch en prof. Haroon Bhorat is deel van die raad wat van 1 Oktober af met nuwe idees vorendag moet kom vir ekonomiese groei, werkskepping en armoedeverligting, luidens ’n verklaring.

Hirsch, stigter van die UK se Nelson Mandela-skool vir openbare bestuur, sê dit is ’n groot eer om deur pres. Cyril Ramaphosa in die raad aangewys te word.

Hy hoop die UK en die Nelson Mandela-skool sal bydra tot die ontwikkeling van beleid en sal bystand kan bied deur navorsing en opleiding.

Hirsch het in die ekonomie en geskiedenis studeer aan die UK, die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en die Columbia-universiteit.

Hy het hom in 1995 by die Suid-Afrikaanse departement van handel en nywerheid aangesluit. Van 2002 tot 2012 het hy omgesien na ekonomiese beleid in die Suid-Afrikaanse presidensie, en die presidensie in die G20 verteenwoordig. Hy was ook medevoorsitter van die G20-ontwikkelingswerkgroep.

Hy dien op verskeie rade, waaronder die Europese sentrum vir ontwikkelingsbeleidbestuur. Hy was ’n besoekende skolier by die Harvard-sakeskool, ’n gereelde besoekende professor aan die Maastricht-universiteit en het navorsing van die International Growth Centre in Zambië gelei.

Bhorat is ’n professor in die ekonomie aan die skool vir ekonomie en direkteur van navorsing oor ontwikkelingsbeleid. Sy belangstelling in navorsing sluit in die arbeidsekonomie, armoede en die verspreiding van inkomste. Hy is onder meer die medeskrywer van ’n aantal boeke oor die arbeidsmark en armoede-kwessies in Afrika.

Hy is onlangs aangewys tot die adviesraad van die World Bank Economic Review.

Bhorat het ’n PhD in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Hy het by die Massachusetts Institute of Technology gestudeer en was ’n navorsingsgenoot by die Cornell-universiteit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.