Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Valke slaan toe op Laingsburg-munisipaliteit

Die Valke het Dinsdag op die Laingsburg-munisipaliteit in die Wes-Kaap toegeslaan en op dokumente en elektroniese toerusting beslag gelê.

Die ondersoekeenheid het die munisipale kantoor sowel as huise van mense van belang deurgesoek.

Luidens ’n verklaring is beslag gelê op dokumente, selfone, skootrekenaars en hardeskywe.

Die klopjag volg op die beweerde oortreding van die Munisipale Stelselswet en die Wet op Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite.

Volgens die Valke hou dit verband met die aanstelling en verwydering van personeel in strategiese sleutelposte. Die beweerde korrupsie het blykbaar die weg gebaan vir ’n kultuur van wanbesteding van staatsgeld, luidens die verklaring.

Die ondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die DA het die klopjag in ’n verklaring verwelkom.

Deidré Baartman, DA-LPP, vra in die verklaring dat die ondersoek vinnig afgehandel word om inmenging met dienslewering te voorkom.

Die DA sê hy sal die ondersoek se vordering noukeurig monitor en sy volle samewerking gee om stabiliteit en goeie regering in Laingsburg teweeg te bring.

Daar is die afgelope paar maande verskeie binnegevegte onder die ANC-raadslede in die munisipaliteit.

Meer oor:  Valke  |  Munisipaliteite  |  Dokumente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.