Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Valke slaan toe op VS se gesondheids-departement

Die Valke, spesialis-eenheid van die polisie, het Maandag op die Vrystaatse gesondheidsdepartement se kantore in Bophelo House in Bloemfontein toegeslaan om dokumente vir ’n omvattende ondersoek te bekom.

Die Valke, spesialis-eenheid van die polisie, het Maandag op Bophelo House toegeslaan, wat die Vrystaatse gesondheidsdepartement in Bloemfontein huisves. Foto: Mlungisi Louw

Netwerk24 het verneem die ondersoek gaan oor voorkeuraankope-prosesse en dat die Valke veral die Albert Nzula-distrikshospitaal op Trompsburg en die private Buthelezi-ambulansdiens ondersoek.

Lede van die Valke was op bykans elk van die vier verdiepings van Bophele House waar hulle deur dokumente gewerk en vrae aan werknemers gevra het.

Die Valke-woordvoerder, Linda Steyn, het gesê dit gaan tot laat voortduur. “Ons sal later ’n verklaring uitreik, maar daar is baie werk. Dit sal dalk nie vandag (Maandag) kan wees nie.”

Toe sy weer gebel is, het sy nie haar telefoon beantwoord nie.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het in ’n verklaring gesê hy kan bevestig dat die Valke Maandagoggend vroeg na die Bophelo House-kantore van die Vrystaatse departement van gesondheid gekom het.

“Hulle was in besit van ’n geldige deursoekingslasbrief waarop ’n spesifieke klomp dokumente gelys is wat hulle van die departement se voorkeuraankope-afdeling wou hê.

“Die departement gee uitvoering aan die versoeke van die Valke en gee vir hulle die dokumente wat hulle vir hul ondersoek benodig.”

Mvambi het gesê die Valke is in ’n beter posisie om nadere besonderhede te gee van waarna hulle op soek is, indien hulle so sou verkies.

“Dit is ’n deursoekingsoperasie van die Valke. Ons as departement voldoen net aan hul versoeke en gee vir hulle die dokumente wat hulle vra.

Lede van die Valke waar hulle Maandag in Bophelo House in Bloemfontein dokumente versamel.
So is die Bophelo House van die Vrystaatse departement van gesondheid Maandagoggend deursoek.

“Volgens vanoggend se gesprekke soek hulle dokumente wat hulle gaan wegneem. Ons weet nie wat hul volgende stap gaan wees nie.”

Mvambi het gesê die Valke was nie daar om enigiemand in hegtenis te neem nie, maar om dokumente te vra.

* Mariette Pittaway, DA-wetgewerlid belas met gesondheidsake, sê sy is dankbaar daar is nou beweging. “Ek veg al vier jaar oor die opgeblase Buthelezi-ambulansdienskontrak en ander EMS-kontrakte vir nooddienste en het al met tasbare bewyse vermeende ongerymdhede by die openbare beskermer (OB) aangemeld.”

Pittaway sê sy het die Trompsburg-hospitaalkwessie al verskeie kere opgehaal.

“Ek was al moeg om in die wetgewer en op ander forums hieroor te baklei. In my jongste toespraak in die wetgewer het ek weer die sake opgehaal.”

Meer oor:  Valke  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.